OPVOLG: Meer honde vergiftig in die Moot

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is bewus van honde wat onlangs in Pretoria vergiftig is.

DBV-inspekteur Carlos Fernandus sê hy weet van ’n paar gevalle in die weste van Pretoria.

“Ons het die gevalle na die Onderstepoort dierekliniek geneem vir ’n nadoodse ondersoek,” sê hy.

“Inwoners moet asseblief paraat wees. As julle iets aan ons aan meld, wees duidelik. Ons kan nie op bewerings reageer nie.”

LEES OOK: Gesinsmoord: Meer vrae as antwoorde

Rekord het verlede week berig dat sowat 25 gevalle van dierevergiftiging al in die Moot voorgekom het.

Inwoner Christah Lessing sê sy het hierdie week ’n derde hond verloor weens vergiftiging.

“Dit was was ons derde hond binne twee weke,” sê sy.

Lessing stel voor dat inwoners hul honde houtskool moet ingee as daar ’n vermoede is dat die hond vergiftig is.

“Mense moet ook die diere spuit met Atropine. Dit is by enige veearts beskikbaar.”

Lessing het ‘n pluimpie vir Kilnerpark Sekuriteit.

“Hulle het gratis gekom vir ’n patrollie en hulp,” sê Lessing.

“Die jongste syfers is dat meer as 40 honde en ganse vergiftig is in Kameeldrift- wes.”

LEES OOK: Vrae oor naakte vlugteling

Haar man Nico sê dat hul bure in die Moot se honde ook vergiftig is.

“My buurman se hond is ook vergiftig. Dit is beslis ‘n tendens wat sy kop in die Moot uitsteek,” het hy gesê.

‘n Familie in 25e Laan, Rietfontein, het twee honde verloor.

Rochelle Bronkhorst sê sy en haar gesin het verlede Woensdagaand teruggekom van ‘n skoolfunksie toe sy opmerk iets is verkeerd.

“Dit was reeds baie laat en ons Labrador wou nie ophou blaf nie. Na ‘n paar onsuksesvolle pogings om die honde te stil te maak, is my man na buite,” vertel sy.

“Hy het my gevra om die polisie dadelik te waarsku toe hy opgemerk het dat een van ons honde op die grond lê.”

Bronkhorst sê wat gevolg het, was ’n veeleisende beproewing.

“Mense het voorgestel dat ons die Labrador houtskool ingegee, wat sou meebring dat sy die gif opbring,” sê sy.

“Ons het later agtergekom dat sy vreemde geluide maak en sukkel om asem te haal. Bloed wat uit haar mond kom en ons het geweet dis die einde van die pad vir ons kosbare hond. ”

Inwoners in die Moot word aangemoedig om waaksaam te wees om hul honde te beskerm.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Nog neuse krul op weens stink spruit in die weste

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other