Nog nuwe plakkers in die weste

Die nuwe plakkers.

Nog plakkers is hierdie week in die weste van Pretoria ontdek.

Minstens nege plastiek plakkershutte en ’n tent is opgeslaan by ’n veld in Boekenhoutkloofstraat, Hercules.

Die plakkers beweer dat die EFF en DA hulle verlede jaar huise belowe het.

“Hulle het nie hulle beloftes nagekom nie en nou maak ons maar ons eie huise,” sê een van die plakkers.

Plaaslike raadslid Elma Nel sê dat sy die probleem by die metropolisie en die munisipale uitvoerende hoof se kantore aangemeld het.

LUR van behuising, Mandla Nkomo, sê hy is nie bewus van die nuwe plakkers nie.

Metropolisie-woordvoerder Isaac Mahamba sê ’n hofbevel is nodig voordat die plakkers verwyder kan word.

“As die leë grond aan die metro behoort, moet die munisipale uitvoerende hoof se kantore aansoek doen om ‘n uitsettingskennisgewing,” sê Mahamba.

Inwoners vrees intussen dat Pretoria-wes besig is om ’n bestemming vir plakkers te word.

Een van hulle, wat anoniem wil bly, sê dat hy moedeloos is.

“Ons het genoeg plakkerskampe in die weste. Nou wil hulle nog ook onwettig kom plak,” sê hy.

“As die plakkershutte afgebreek word, gaan hulle buitendien net weer op ’n ander plek opslaan.”

Die inwoner beskuldig die plakkers daarvan dat hulle die omgewing besoedel.

“Dit is altyd vuil rondom die plakkershutte. Vir ons bring dit ’n gesondheidsrisiko en peste,” sê hy.

“Is daar nie iets wat hieraan gedoen kan word nie? Voordat ons, ons oë uitvee, bly die plakkers tussen ons.”

Terwyl die nuwe plakkers hulle hutte oprig in Hercules, word ’n ander kol skoongemaak waar plakkers voorheen gebly het.

’n Inwoner wat help met plaaslike patrollies teen misdaad, Eric Cordier, sê dat munisipale werkers die plek in Schuttestraat opgeruim het.

“Ek het vir hulle gevra om ook die takke te sny sodat dit meer oop is en misdadigers nie kan wegkruip nie,” sê hy.

’n Plakkershut wat daar opgeslaan was, is skynbaar gebruik vir prostitusie.

Cordier het sowat twee maande gelede op die plakkershut afgekom tydens een van sy patrollies.

“Die plakkershut was weggesteek onder die bome. Met die oortollige onwettige storting daarby, kon ’n mens die hut skaars sien.”

Die afbreek van die hut het die prostitute skynbaar nie afgeskrik nie.

’n Matras was gou weer terug onder die boom.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Ligte flikker in die weste

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other