Teddies aan Villieria-polisie geskenk

Heila de Beer en haar teddies. Foto: Verskaf

’n Moot-inwoner het onlangs haar jare-lange versameling van teddiebere aan die Villieria-polisiekantoor geskenk.

Polisiewoordvoerder Kaptein Coba Brits sê Heila de Beer trek van Queenswood Tuine na ’n outehuis in die stad waar daar nie meer plek sal wees vir haar geliefde teddies nie.

“Al lyk dit nie so nie, kan teddiebere ’n groot verskil in iemand se lewe bring. Vir jou lyk dit dalk klein, maar vir iemand anders is dit alles,” sê Brits.

“Sy het gevoel die polisie kan die teddies gebruik vir kindertjies wat slagoffers is van misdaad.”

LEES OOK: Villieriapolisie bring verligting vir organisasies

De Beer het aan die polisie verduidelik: “Dit is ’n ou sagte lyfie om teen jou vas te druk wanneer jou hartjie seer is.”

Brits sê dat hoewel gevulde speelgoed onbenullig kan lyk vir die onopgeleide oog, kan hulle baie voordele bied.

“Teddies kan help met die menslike behoefte aan sagtheid en hulle gee liefde en aanvaarding,” sê sy.

Brits sê van De Beer se familie was ook in die polisie.

“De Beer is blind van geboorte en het haar BA-graad in maatskaplike werk behaal aan die Universiteit van Stellenbosh in 1973,” sê Brits.

“Die oudste teddiebeer in haar versameling het sy juis by haar ma gekry toe sy haar graad gekry het.”

LEES OOK: Villieriapolisie maak weer skoon

Brits sê hierdie teddiebeer se naam is Teddie en sal as ’n gelukbringer gebruik word by die polisiekantoor.

“Elke persoon het hierdie warm liefde in hulle lewe nodig.”

Die grootste teddie in De Beer se versameling, Jafta, is aan haar gegee deur die Johannesburgse vereniging van bejaardes.

“Die Villieria-polisie bedank De Beer vir die groot geskenk en sal gewis hierdie teddiebere kan benut,” sê Brits.

LEES OOK: Villieriapolisie loods sigbare operasie

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Break-in at the prosecutor’s offices in Pretoria

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other