Kriminele wat honde vergiftig weer terug in die Moot

Nuwe gevalle van hondevergiftiging is die afgelope maand in die Moot aangemeld.

Kilnerpark Sekuriteit sê die motief is nog nie duidelik nie vir die gevalle wat onder sy aandag gekom het.

Woordvoerder Ancelize van der Kooi sê: “Dit lyk of daar later by die betrokke perseel ’n misdaad gepleeg is, maar ons kan nie met sekerheid sê nie.”

Sy sê die mees algemeenste gif in gebruik is Temik, ook as Two Step bekend.

“Hierdie gif kom in blou, swart of grys korreltjies voor en kriminele sit dit gewoonlik in vleis met sous voordat hulle dit oor die muur gooi.”

LEES OOK: Dog poisoning could be start of crime wave

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ook bewus van honde wat onlangs in Pretoria vergiftig is.

Inspekteur Carlos Fernandus sê hy weet van ’n paar gevalle in die weste van Pretoria. “Ons het die gevalle na die

Onderstepoort-dierekliniek geneem vir ’n nadoodse ondersoek,” sê Fernandus.

“Inwoners moet asseblief paraat wees. As julle iets wil aanmeld, wees duidelik. Ons kan nie op bewerings reageer nie.”

Rekord het verlede week berig dat sowat 25 gevalle van dierevergiftiging al in die Moot voorgekom het.

Inwoner Christah Lessing sê sy het hierdie week ’n derde hond verloor weens vergiftiging. Lessing stel voor dat inwoners hul honde houtskool moet ingee as daar ’n vermoede is dat die hond vergiftig is.

LEES OOK: Vrae oor naakte vlugteling

Dit kan help dat die dier die gif opbring. Lessing bedank lede van Kilnerpark Sekuriteit vir hul hulp.

“Die jongste syfers toon dat meer as 40 honde en ganse die afgelope twee maande in Kameeldrift-Wes vergiftig is,” sê sy.

Van der Kooi sê hoewel dit moelik is om die vergiftiging te voorkom, is daar steeds veiligheidsmaatreëls is wat getref kan word.

“As jou hond abnormaal optree, bel dadelik die veearts en hou sy noodnommer byderhand.”

Van der Kooi stel voor dat jong honde geleer moet word om net uit hul bakke uit te eet.

LEES OOK: OPVOLG: Meer honde vergiftig in die Moot

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
High-speed chase ends in crash in the Moot

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other