Weste bespreek probleme

Onwettige stortings en misdaad is enkele van die onderwerpe wat bespreek was. Foto: Verskaf

Onwettige stortings en misdaad is druk bespreek by ’n onlangse vergadering van die SA Burgerlike Organisasie (Sanco) wes van Pretoria.

Talle bekommerde inwoners het die vergadering verlede Saterdag op die hoek van Sheriff-en-Van Jaarsveld-straat bygewoon.

LEES MEER: From dumping site to park

Ricardo Daubern, ’n lid van Sanco, sê onwettige stortings is ’n knaende probleem in die gebied.

“Inwoners het tydens die vergadering gekla dat mense in kleiner huise sonder asblikke soms te blameer is,” sê hy.

“Dit blyk dat die kleiner huise nie by die metro geregistreer is nie. Hulle is ook nie gelys as RDP-huise nie.”

Daubern sê nog ’n probleem is kragkaste wat gedurig stukkend is en oopstaan.

Hy sê dit is gevaarlik vir kinders wat in die omgewing speel.

LEES MEER: Few dumping sites remain

“Nog ’n probleem waaroor inwoners gekla het is misdadigers wat inwoners se vensters oopmaak. Hulle steel dan waardevolle items daardeur.”

Daubern sê inwoners van ander wyke het ook die vergadering bygewoon.

Hy sê hulle het hul eie klagtes geopper.

“Baie kla oor die veld in Viviersstraat in Danville wat so bebos is. Dit is vir hulle ’n groot kopseer en baie onveillig,” sê hy.

“Sommige inwoners sê daar lê gebreekte glas in die park in Danstraat. Dit is onveilig vir die kinders wat daar speel.”

Daubern sê daar is ook ’n sluipslaper wat in die park slaap.

“Die park is vuil en stink vreeslik. Inwoners het al selfs rotte daar gekry.”

Nog ’n klagte was oor mense wat dwelms aan kinders in die gebied verkoop.

Daubern sê sommige GPF-lede het ook die vergadering bygewoon.

“Hulle het bevestig dat hulle wel patrollies doen, maar hulle het ’n tekort aan lede,” vertel hy.

“Die publiek moet ook meer behulpsaam wees. Daar is baie klagtes oor huishoudelike geweld, maar dan wil niemand ’n klag gaan lê nie.”

Ook op die agenda was honde wat vergiftig word, inbrake en motorfiets- diefstal.

Van die inwoners sê hulle ken van die dwelmhandelaars en misdadigers maar hulle is te bang om na vore te kom.

Nog geen oplossings is op die tafel gebring na die vergadering nie, maar Daubern sê hy voel postitief.

“As ons as ’n gemeenskap saam staan, glo ek ons kan ’n verskil maak.”

LEES MEER: Hondekinders vergiftig in Rietfontein

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Peaks project tops 10 years

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other