Silwer Jeug skenk 132 komberse vir winter

Die projekleier van projek Warm Winter was Joey Wehrmann. Hier is sy saam met die sangeres Juanmarie en ‘n inwoner van die Van Rensburg-ouetehuis. Foto: Verskaf

Die Silwer Jeug-groep van die Lede in Christus Kerk Helderberg-gemeente het verlede Saterdag 132 komberse aan ’n ouetehuis in die weste van Pretoria oorhandig.

Na ’n kombersinsamelingsprojek, Warm Winter, kon die kerk die komberse aan die Van Rensburg-ouetehuis in Danville oorhandig.

Die hele gemeente was by die projek betrokke.

Woordvoerder van die Silwer Jeug-groep, Lizzie Bronkhorst sê die ouetehuis het die goeie gebaar met ope arms aanvaar.

“Hulle was vreeslik bly en dankbaar oor die kombersskenkings,” sê Bronkhorst.

Sy sê hul Silwer Jeug-groep beplan om die projek jaarliks van stapel te stuur.

“Dit was die eerste keer wat ons hierdie projek aangepak het,” sê sy.

“Ons gaan net volgende jaar vroeër begin in ’n poging om meer komberse in te samel.”

Sy sê hulle het ook aan ander behoeftige organisasies in die gebied komberse geskenk.

“Ons het vier verskillende behoeftige organisasies geïdentifisseer. Tydens ’n vergadering het ons besluit aan wie ons die komberse sal skenk,” sê sy.

Lede in Christus is in Les Marais geleë en hul Silwer Jeug-groep is vanjaar 60 jaar oud.

“Ons het omtrent 106 lede in die Silwer Jeug-groep. As jy 60 jaar oud word in die kerk, word jy automaties deel van die groep,” sê Bronkhorst.

Die groep doen ook gereeld uitreikings.

Gedurende die vroeë vyftigerjare het die eerste voorsitter van die NHSV die behoefte vir die versorging van verswakte bejaardes geïdentifiseer tydens ‘n kongres van die Nasionale Raad vir Bejaardes.

Sy het die gedagte aan die NHSV oorgedra en op 7 November 1959 is die Van Rensburg-tehuis se deure amptelik geopen.

Die behoefte vir ‘n spesiale afdeling vir die versorging van lyers met demensie is ‘n paar jaar later geïdentifiseer en so het Van Rensburg-tehuis die eerste tehuis geword wat gespesialiseer het in die versorging van persone met Alzheimersiekte en ander soorte demensie.

In April 1970 het die tehuis hul eie maatskaplike werker gekry, Kitty Roos.

Onder leiding van matrone Rensie van Tonder, reeds 30 jaar in diens van die Monumenttehuise, ‘n oorkoepelende liggaam vir ouetehuise, word 24-uur omvattende versorging aan 113 inwoners gebied.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Weste bespreek probleme

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other