Facebook-blad vir kankerseun

Melti Grobler. Foto: Verskaf

’n Facebook-blad is gestig vir ’n kankervegtertjie in die Moot.

Die Facebook-blad, Melti chemo warrior daily posts, hou ondersteuners daagliks op hoogte van Melti Grobler se vordering.

Melti (5) is vir die eerste keer op ’n jaar en agt maande met leukemie gediagnoseer.

Hy is in Januarie vanjaar weer met dieselfde kanker gediagnoseer en moet ’n stamseloorplanting kry, maar die oorplanting kos R1 000 000.

LEES OOK: Gepaste skenker vir Moot-kankervegtertjie

’n Geskikte skenker is in Julie gekry.

Sy ma Melanie sê sy is baie verlig oor die skenker.

“Dit gebeur baie min dat daar ’n geskikte skenker gekry word,” sê Melanie.

“Die skenker se stamsel stem 100 persent ooreen met Melti s’n.”

Maar R720 000 word benodig om voort te gaan met die operasie.

“As ons net 72 000 mense kan kry om elk R10 te gee.”

Melanie beskryf haar seun as ’n chemo-vegter.

LEES OOK: Geldinsameling vir kankervegtertjie in weste van Pretoria ‘n sukses

“Melti het ’n groot veggees – hy is ’n chemo-vegter. Hy bly altyd positief met ’n glimlag.”

Nog ’n insameling word op 2 September vir Melti in Silverton gehou.

Hierdie sal die derde geldinsameling vir Melti wees.

Alle ingangsfooie sal vir Melti se oorplanting gaan.

Melanie en haar gesin woon in Les Marais in die Moot.

Vir meer inligting kan inwoners Melanie by 084-569-4295 skakel.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
UPDATE: Taxi strike disrupts traffic in Tshwane

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other