Beplanning begin vir Kersprojek in die weste

Die Best Care ambulans pragtig versier met liggies. Foto: Mari Rheeder

Beplanning vir die jaarlikse Kersprojek in die weste van Pretoria skop vanjaar vroeër af.

Die eerste vergadering was verlede Woensdag gehou.

Woordvoerder van die projek, Xander Loubser sê hulle beplan om vanjaar 15 000 kinderhartjies bly te maak.

“Ons het verlede jaar 11 000 pakkies met lekkernye gevul, maar vanjaar sal ons 15 000 pakkies verpak,” sê Loubser.

Hy sê die Kersprojek sal op 20 Desember vir die agtste keer afskop.

LEES OOK: Weste se gemeenskap-Kersprojek se liggies gaan helder skyn

Die projek sal duur tot die 24e.

Elke jaar ry Best Care ambulansdienste saam met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) deur die strate van Pretoria met ’n stoet vol liggies.

“Die sirenes sal ook aan wees om inwoners te laat weet dat Kersvader hier is om lekkers uit te deel,” sê Loubser.

DA-raadslid Elma Nel was verlede jaar deel van die projek en sy gaan hierdie jaar ook deelneem.

“Verlede jaar was so ’n groot sukses en ons hoop dat ons hierdie jaar ons suksesse sal verdubbel,” sê Nel.

Loubser sê verskeie organisasies sal ook vanjaar deel van die stoet wees.

Hulle beplan om Mountain View, Suiderberg, Daspoort, Hercules, Booysens, Claremont, Pretoria Tuine, Danville en Wolmer in die noorde besoek.

LEES OOK: Vele donasies vir Kersprojek

“Ons het verlede jaar die eerste keer in sewe jaar sedert die projek se bestaan, Danville besoek.”

Loubser sê hulle sal vanjaar die eerste keer Wolmer besoek.

“Daar is geen spesefieke rede hoekom ons hierdie woonbuurte gekies het nie.”

“Ons het versoeke gekry en saam as ’n komitee besluit.”

Loubser sê hulle gaan elke aand in ’n ander woonbuurt ry.

“Die presiese roetes wat ons gaan ry is nog nie besluit nie,” sê hy.

“Tydens elke roete sal ons ’n punt kies waar ons gaan stop en mense tyd met Kersvader kan spandeer.”

Loubser sê vanjaar se Kersvader is nog nie bekendgemaak nie.

Hy beklemtoon dat die projek nog skenkings kort.

LEES OOK: Liggies skyn helder in die Weste

“Ons kort omtrent R50 000 vir die projek.”

“Ons het nog R7 000 oor van verlede jaar se projek.”

Hy sê enige skenkings in die vorm van geld of lekkergoed pakkies is welkom.

“Ons beplan om vanjaar baie groter te gaan as verlede jaar.”

“Ons gaan meer moeite doen met die stoet en seker maak dat die projek onvergeetbaar is.”

Loubser sê enigeen is welkom om by die projek aan te sluit.

LEES OOK: Heerlike Kersfees geregte

Vir meer inligting skakel Loubser by 082-308-8259.

’n Tweede vergadering sal oor drie weke gehou word.

Video Link: https://youtu.be/7dGaA0qbowM

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Accident victim mourned in the west

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other