Blou-aap slaggoffer sterk swak aan

n Brand het ’n paar blouapies blykbaar uit heuwels wes van die stad na woongebiede verdryf.

‘n Inwoner van die weste sukkel om te herstel van ‘n aanval deur ’n blou aap sowat ‘n maand gelede.

Suzette Venter sê haar man Micheal is in kwaai pyn.

“Hy is baie moedeloos en hy het baie seer. Hy kan skaars beweeg,” sê Suzette.

LEES OOK: OPVOLG: Wes-man sterk aan na blou aap aanval

Sy sê die egpaar besoek Maandag weer ‘n dokter toe om vas te stel wat vorentoe gaan gebeur.

Micheal sterk by die huis aan.

Die aanval het 26 Junie in Micheal se eie erf gebeur.

Suzette sê sy en Micheal het by die huis gekom toe hulle die aap op hul dak sien.

“Ons het vir ’n rukkie buite gestaan. Toe my dogter in die huis ingaan, het die aap van die dak afgespring en haar bestorm,” sê Suzette.

“Micheal het ons dogter uit die pad uitgeruk en ons het almal vinnig in die huis ingehardloop.”

Suzette sê Micheal is weer na buite om seker te maak sy motor is gesluit.

Dit was dat die aap hom bespring het.

“Die volgende oomblik was die aap bo-op Micheal in die kar. Hy het hom begin aanval,” sê sy.

“Micheal het geskree vir hulp en een van ons bure hett hom kom help.”

LEES OOK: 25 Honde vergiftig sedert Maandag in weste

Sy sê Micheal is aan sy arms en hande gebyt en ’n hoofslagaar is beskadig.

Hy het teen die einde van verlede maand twee operasies ondergaan om ligamente te herstel.

Rekord het voorheen berig dat Hercules se sektor drie-voorsitter Esmé Nell sê ’n brand het ’n paar blouapies verlede teen die 26e uit heuwels wes van die stad na woongebiede verdryf.

Die departement van natuurbewaring is ingeroep om die situasie onder beheer te bring.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Department of Home Affairs closed today

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other