Klippe langs die pad: Jagters verantwoordelik vir wildaanwas

Dit is dié tyd van die jaar wanneer die wit stinkhoutbome begin kaal staan en ‘n geelbleek son kragloos skyn en lang koue skaduwee’s gooi. ‘n Tyd wat die ware jagters begin droom van sku koedoes in die Waterberge, of die stywebeen bokspring-pronk van springbokke in wye Karoovlaktes en die geur van kruiebossies om jou warrel.

Dit is ook die tyd van die jaar wanneer mans seuns word en seuns manne word wanneer dit kom by die aankoop van jaguitrusting. In die eindelose gesprekke van verskillende geweerkalibers, ballistiek, teleskope of herlaai is daar mos altyd ‘n ‘kenner’ of beterweter en iemand wat iets wil leer.

Maar dit is ook dié tyd van die jaar wat diereliefhebbers ten hemele skree oor die afskuwelikheid van jag. Ja, dieselfde persoon wat al smullende aan ‘n kruisskyf die koerant lees en verontwaardig te velde trek hoe jagters al Suid-Afrika se diere doodmaak.

Die Dierebeskermingsvereniging het met reg ‘n rol te speel teen wreedheid teen diere en is vinnig om voorskriftelik te wees hoe ‘n dier doodgemaak kan word. Dieselfde verenging sal egter nie daarvan droom om jag te wil verbied nie, suiwer omrede hulle besef dat jag ‘n multimiljoen rand bedryf geword het, wat werk en voedsel skep en dikwels die behoud van talle boere is.

Laat dit baie duidelik gestel word, etiese jag is verantwoordelik vir die behoud en aanwas van wild. Daarteenoor is wildstropery (poaching) iets wat deur enige reggeskape jagter ten sterkste veroordeel word.

Suid-Afrika het sowat 10 000 jagplase waarvan nagenoeg die helfte goedgekeurde geproklameerde jagplase is. Dit is wildsplase wat aan streng voorwaardes in terme van heinings en hul bedryf moet voldoen. Op die plase word uitsluitlik met wild met die oog op jag geboer. Om op hierdie plase te gaan jag is ‘n peperduur ekskursie en omtrent 90% van dié het ‘n professionele jagter byderhand om die kliënt by te staan en toe te sien dat daar eties gejag word. Sommige van die plase se reëls is selfs so streng dat as sou die jagter misgeskiet het, hy vir daardie skoot moet betaal. Hierdie plase is almal gerat om oorsese jagters te lok en vyfster behandeling te gee.

Die oorblywende 5 000 plase is plase waar daar deels met gewone vee (skaap of bees) en wild geboer word, maar waar veld wat nie daarvoor geskik is nie, benut word met wildspesies wat daarop aard en gedy. Dikwels is dit juis die wild-deel wat die boer deur die drif help in tye van droogte.

Die kernpunt is daar is nie ‘n boer in Suid-Afrika wat nie die waarde van wild besef nie en daar is bloedweinig plekke waar ‘n jagter soos in dae van ouds, verniet sal kan gaan skiet. Boere vertroetel die bate en wakker die aanteel van hul wild aan.

Enige etiese jagter is gekant teen ‘geblikte’ jag. Dit is waar diere in ‘n beperkte gebied aangehou word en geen kans het om weg te kom nie.

Die dae toe jy ‘n geweer kon gryp, veld toe stap (of ry) en skiet is lankal verby. Plaasboere en jagtersverenigings het duidelike voorskrifte hoe daar gejag word, soos dat daar nie van ‘n bakkie af geskiet mag word nie; daar nie van honde gebruik gemaak mag word nie; daar nie snags met soekligte gejag mag word nie en dat daar ‘n beperking op die minimum grootte kaliber geweer is waarmee gejag kan word.

Die een ding wat die ware jagter, wat ook ‘n diereliefhebber is, goed verstaan, is dat met jag ’n lewe geneem word en dit die verantwoordelikheid op hom plaas om lewe – al sou dit van ‘n dier wees – te respekteer.

  AUTHOR
Du P Martins
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Sal die regte verandering kom op Loftus?

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other