Polisievrou afgedank ná aanranding

Van die videomateriaal wat teen konstabel Els gebruik is.
Van die videomateriaal wat teen konstabel Els gebruik is.

’n Hercules-polisiekonstabel is afgedank nadat sy Maandag skuldig bevind is op ‘n aanklag van aanranding.

Dit kom na ’n polisieondersoek van sewe maande nadat ’n video, wat met ‘n selfoon geneem is, in Januarie aan die lig gekom het wat wys hoe konstabel Marie Els twee verneemde rowers hardhandig ondervra.

Op die video skop Els een van die verneemde rowers en daarna slaan sy hom met ’n staalpyp terwyl sy inligting uit hom probeer kry.

Luitenant-kolonel Lungelo Dlamini het die afdanking bevestig.

Els het Woensdag aan Rekord gesê dat slegs die helfte van die feite oor die saak na vore gekom het. “Ek sal wel my kant van die saak stel, maar eers nadat my arbeidhofsaak afgehandel is.”

Els wou geen verdere kommentaar lewer nie.

Vir nog stories, besoek ons webtuiste en Facebook of volg ons op Twitter.

 

  AUTHOR
Natalie Grobler
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Vrolikheid verlede jaar. Foto: Verskaf
Vele donasies vir Kersprojek