Vele stof tot nadenke

Dr Isak Burger is goed bekend by aanhangers van die Christelike lektuur.

Sy vorige boek 5 Minute Voor en Na die Dood was ‘n treffer met verkope van meer as 400 000, wat baie vreemd vir hierdie soort boek is.

Met die eerste oogopslag is die voorblad van sy nuwe boek ongewoon. Sy foto verskyn op die voorblad en die titel van die boek is lank: Jesus is meer…as kerk toe gaan, geld gee en goed doen. Dit wys egter reeds op die aanslag van die hele boek – ‘n holistiese kyk op die historiese Jesus van die Bybel. Om Jesus te laat gestalte kry voor vandag se mense.

Die boek beslaan 219 bladsye en bestaan uit meer as 110 kort ‘dagstukkies’. Hoewel dit nie die skrywer se bedoeling was om ‘n Bybelse dagboek te skryf nie, slaag hy met die samestelling van sy boek omdat elke kort stukkie veel stof tot nadenke bied. Hierdie is nie ’n boek om in een sitting deur te lees nie, maar om dit dag na dag te deurdink en jou eie te maak.

Burger skryf in ‘n gemaklike geselsstyl en raak nooit prekerig nie. Hy skroom ook nie om omstrede kwessies aan te raak nie en vertel die verhaal van Jesus sodat Hy ten volle voor ons uitgeteken staan. Die historiese Jesus kry relevansie in die moderne wêreld.

Die skrywer sê self in sy voorwoord: ‘Waar ek (in liefde) verwys na die dinge wat mense doen in die naam van godsdiens wat ander seer maak, is dit nie ‘n veroordeling nie. Dis eerder bedoel om ons almal as gelowiges te bemoedig om meer soos Jesus te wees – sodat die wêreld Hom in ons kan sien”.

Op bladsy 49 skryf hy :”Ek het so pas weer in ‘n koerant se briewekolom gelees hoe sogenaamde Bybelwetenskaplikes die Godheid van Jesus verloën en probeer om ‘die oordrewe kultiese en mitiese Christusverering af te skaal’. Die bose geeste in die tyd van Jesus (en ook vandag) het duidelik ander insigte gehad.

‘n Ander tema wat sy boek saambind is dat mense God nodig het – nie ’n dooie godsdiens met uitputtende voorskrifte nie. Die dinge wat gelowiges doen wat mense van Jesus weghou, word daarom in liefde uitgewys, nie as veroordeling nie, maar as aanmoediging vir almal wat waarlik die kerk van Jesus wil wees om Hom vir die wêreld te wys.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Brown street raided

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other