Kleuter in warm kar gelaat

Photo: Corbis
Photo: Corbis

 

’n Inwoner van die Moot is briesend omdat ’n kleuter te midde van verlede week se hitte alleen in ’n voertuig gelaat is by ’n inkopiesentrum.

“Ek was by Makro Wonderboom, toe hulle afgekondig het dat iemand ’n kind buite in die kar gelos het,” vertel Henriette Smith.

Sy sê sy was geskok om te hoor dat iemand tydens ’n hittegolf dit sou waag om ’n kind in ’n motor in die son te los.

“Hulle het afgekondig dat die kind in ’n bakkie is, met die registrasienommer. Ek dink hulle moes eerder die polisie geskakel het om die ouers in hegtenis te neem.”

Smith sê sy het van soortgelyke gevalle te hore gekom.

Bennie van Eck, risiko-bestuurder by die inkopiesentrum, sê hy het kennis geneem van die geval waar ’n kleuter in ’n voertuig gelaat is.

Die slapende kleuter van tussen twee en drie jaar oud is deur ’n motorwag opgemerk. Hy het die veiligheidspersoneel in kennis gestel.

Van Eck sê: “Dit gebeur wel van tyd tot tyd dat ’n kind of ’n dier in ’n motor gelos word.”

Die standaard-prosedure is om ’n aankondiging te doen om die ouer of eienaar in kennis te stel en dan ook die polisie in te lig.

“Ons maak die aankondiging, maar kry ook dan die inligting en registrasienommer van die voertuig wat ons aan polisie oorhandig vir verdere ondersoek,” sê Van Eck.

“Ons het dié saak aan Sinoville se polisie gerapporteer.”

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Mense word gewaarsku om nie kinders of diere in voertuie buite winkelsentrums te los nie – al is dit ook vir ’n paar minute.

Studies deur General Motors het bewys dat ’n motor in die son in ’n buite-hitte van 35ºC binne 20 minute ’n binne-temperatuur van 48 ºC bereik en dan nog warmer word.

Uiterste temperature kan ly tot ontwatering, breinskade, nier- of lewerversaking en in baie gevalle ook die dood van diere en kleiner kinders.

Mense wat hulself daaraan skuldig maak om kinders en diere in die hitte in voertuie te laat, kan vervolg word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Capture1
Nog ’n pienkvoet vir Kurt Darren Recommended Story