Familie treur na jong motorfietsryer se dood

Foto: Andrea Küsel
Foto: Andrea Küsel

 

Corlia Kruger

Die 18-jarige seun wat Vrydagaand na ’n motorfietsongeluk dood is, word Saterdag begrawe.

’n Groep motorfietsryers het onlangs eer aan Jaco Venter betoon, wat verlede week op die hoek van Fratesstraat en 26e Laan in Villieria verongeluk het.

Lede van die Sam MCC-motorfietsklub het die oggend na Venter se dood met ‘n blommekrans en kruis hulde aan Venter gebring.

Venter sou vanjaar 19-jaar oud geword het en het as ‘n kabinetmaker gewerk, het familie vroeër aan Rekord gesê.

Venter se pa, Jannie, sê dit is moeilik om die dood van sy jong seun te verwerk.

“Ons vat dit maar dag vir dag,” sê hy.

Jannie beskryf sy seun se liefde vir motorfietsry en sê al sy kinders het van jongs af geleer om motorfiets te ry en padreëls te gehoorsaam.

“Dit was die eerste jaar wat hy met ’n groter motorfiets op die pad kon gery het,” vertel hy.

Venter het glo in Fratesstraat gery toe hy met ’n motorvoertuig op die hoek van 26e Laan gebots het.

Hy is later die aand in die hospitaal aan sy beserings dood.

‘n Saak van strafbare manslag is glo by die Sunnyside-polisiestasie aanhangig gemaak.

’n Roudiens vir Venter vind Saterdag 27 Februarie om 10:00 by die Lewende Woord Westerlig-gemeente, Niemandstraat plaas.

Lees ook: 

Jong motorfietsryer sterf in ongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Dawid Brink was first on scene. Photo: Supplied
Attempted cable theft in Moot