Moord ondersoek na lyk by skool

Photo: Stock image

’n Moordsaak word ondersoek nadat ’n lyk Maandagoggend by Laerskool Wonderboom-Suid in die Moot gevind is.

Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Hero Gumbu sê die oorsaak van die man se dood is nog onbekend en niemand is tot dusver aangekeer nie.

Die Gauteng departement van onderwys sê in ’n verklaring hy is bewus van die voorval.

“Berading is intussen vir leerlinge en personeellede aangebied. Ons kan ook bevestig dat die skoolaktiwiteite sonder ontwrigting voortgaan,” sê waarnemende departement van onderwyswoordvoerder Oupa Bodibe.

Kilnerpark-veiligheidsmaatskappy-woordvoerder Klaas van der Kooi sê sy maatskappy het Sondagnag na ’n noodoproep ondersoek by die skool gaan instel.

Blykbaar is ’n man opgemerk wat tussen die eiendomme in die omgewing rondbeweeg het.

“Die man het oor ’n muur van die skoolperseel gespring en werkers van die skool het hom aangekeer,” sê Van der Kooi en voeg by dat die polisie nog nie opgedaag het teen die tyd dat die veiligheidswagte die perseel verlaat het nie.

Van der Kooi vermoed die skoolwerkers het die man aangehou, maar teen Maandagoggend het die polisie die man dood aangetref.

Adjudant-offisier Hero Gumbu het bevestig die lyk was die van die man wat vroeër by die skool aangehou is.

Van der Kooi ontken aantygings dat veiligheidswagte die man aangerand het.

“Hierdie is ongegronde aantygings. Toe Kilnerpark-veiligheid die perseel verlaat het, was die man deur werkers op die skoolterrein aangehou en alles was onder beheer,” sê hy.

Gumbu sê die veiligheidsmaatskappy se optrede op die misdaadtoneel word ondersoek.

Skoolhoof Rina Pretorius sê sy is aangeraai om geen kommentaar oor die aangeleentheid te lewer nie.

Lees ook:

Man found dead at Pretoria primary school

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitAutodealer.co.za
Top
Next Story x
Study about poverty in Moot

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other