Hierdie tannie ‘n voorbeeld

Photo: Stock

Gister sê die tannie by wie ’n dief onlangs deur die dak ingebreek het: “Dit kon vandag my begrafnis gewees het.”

Ek hoor die dankbaarheid in haar as sy sê: “Ek sê net elke dag, ‘dankie Here’.”

Vandag is ons ook dankbaar dat die tannie nog saam kan gesels. Daar is egter iets wat ek nie sal vergeet nie.

Die tannie het die oggend na die misdaad vertel dat sy het pas klaar Bybel gelees het toe sy op die boosdoener afkom.

Sy het vir hom gesê, “Die Here sien wat jy doen.”

Is dit nie wonderlik nie? ’n Voorbeeld vir ons almal. Wie lees nog elke dag of aand uit die Bybel? Wie staan nog vas op Sy Woord?

Hy sal ons beskerm en bewaar. Wie glo nog dat verkeerde dinge wat jy doen tog nie ongesiens verbygaan nie?

Ek kry die gevoel dat onnodige paniek orals gesaai word op sosiale media, veral op Facebook.

Mense sê mekaar sleg, beledig ander en streef daarna om die lelik uit te wys.

Mense wil trek, hulle wil vlug. Waarheen mens wil jy vlug? Ons kan nie toelaat dat paniek gesaai word nie.

Miskien is dit juis die kwaaddoeners se verkeerde gedagtes wat wil hê ons moet tou opgooi of handdoek ingooi.

Ons bly in die land van melk en heuning, of julle dit nou wil erken of nie. Ons het alles en nog meer. Die meer is ook ek en jy.

Ek en jy moet hande vat en uitreik na mekaar al is dit net met ’n luisterende oor.

Dit het tyd geword dat ons gemeenskap saamstaan, saam hande vat en bid.

Keer terug na Sy Woord – die enigste ware verhaal waarop ons kan bou. Kom ons maak bemoeienes en kom ons gee om. Saam is ons beter.

Linda Lourens

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitAutodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Table tennis champion crowned

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other