Opgraderings lei tot water onderbrekings in Moot

Photo: Stock

Moot-inwoners sal sonder water wees op 15 en 17 November.

Volgens wyk 52 raadslid Frans Smith, sal die water in sekere areas afgeskakel word om opgraderings te doen.

“Weens die opgradering en versterking van die waterpypleiding onder die lae druk en hoë druk reservoirs in Waverley, sal die watervoorsiening opgeskort word sodat daar verskeie koppelings gedoen kan word,” sê Smith.

Op 15 November gaan die afsluiting by die lae druk reservior plaasvind.

Water kan tot en met 36 ure afgesluit wees.

Die areas wat sonder water sal wees op 15 November is:

Derdepoort 326-JR; Derdepoortpark; Ekklesia X1, X2, X3 en X5; East Lynne X1 en X5; Jan Niemandpark; Waverley suid van Moultonstraat.

Watertrokke sal op 15 November beskikbaar wees by: Swaanstraat, oorkant Spar in East Lynne; Swaanstraat, aan die oorkant van die oop erf (voorsien Jan Niemandpark); die East Lynne Gemeenskapssentrum in Stegmanstraat; Derdepoort Laerskool op die hoek van Wolmarans- en Stegman strate (parkeer terrein); op die hoek van Rina- en Swaan strate; en Waverley Plaza op die hoek van Hertzogstraat en 32ste laan.

Op 17 November word die water afgesluit by die hoë druk reservior vanaf 06:00 vir ongeveer 36 uur.

Die voorstede wat geraak word is: Bergtuin, Waverley X1 (Bokant Moultonstraat).

’n Watertrok sal beskikbaar wees by Waverley Plaza op 17 November.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Villieria police welcome new recruits