Bejaarde Moot-vrou se terugslag na aanval

Gerrie (links) en haar man Corrie Visser (regs). Foto: Verskaf.

’n Bejaarde Moot-vrou wat wreed in haar huis aangerand is, het Donderdag ’n terugslag gehad toe sy beide ’n beroerte en epilepsie gekry het.

Gerrie Visser (78) is in ’n ernstige toestand in Eugene Marais hospitaal.

Sy en haar man, Corrie, is Dinsdagoggend in hul huis in 12e Laan aangeval. Corrie is vermoor en Gerrie is vir die dood agternagelaat.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval by huis

’n Buurman het vroeër aan Rekord vertel hoe ’n bebloede Gerrie na die voordeur van die huis gekruip en teen die hek gekap het om aandag te trek.

Kilnerpark Sekuriteit se woordvoerder, Ancelize van der Kooi, het vertel dat hul rondom 14:00 in kennis gestel is van die voorval waarna ’n reaksie voertuig ontbied is.

Jandre van Staden, Corrie se kleinseun, het Donderdagmiddag vertel dat sy ouma beide ’n beroerte en epileptiese aanval gehad het in die hospitaal.

LEES OOK: Bejaarde steeds in hospitaal ná aanval

“Sy kan nie met ons praat om te sê wat gebeur het nie… sy weet ook nog nie dat Oupa dood is nie,” sê Van Staden.

Moot-polisiewoordvoerder Kaptein Anton Breedt het bevestig dat ’n saak van moord en poging tot moord ondersoek word.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Kleinseun praat met deernis oor sy vermoorde oupa

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Jongste statistiek gegradueerde in Moot