Nóg ‘n wrede aanval deur veghond

Amber Potgieter.

’n Wrede aanval deur ’n pitbulterriër het ’n inwoner in die weste van Pretoria kritiek gelaat.

Amber Potgieter, ’n leerder aan die Hoërskool Tuine, het Sondag van haar vriende se huis af geloop.

Volgens Potgieter se ma, Charlene Jacobs, was haar dogter in Mineralstraat toe die Amerikaanse veghond haar omsingel.

“Die hond het op ’n manier uit sy erf uitgekom. Hy het ’n rukkie sirkels om my dogter geloop voordat hy haar bespring het en grond toe getrek het,” sê Jacobs.

“Te danke aan ’n buurvrou wat die hele ding gesien het, kon hulle spoedig die hond van my dogter afkry en haar hospitaal toe jaag.”

Jacobs sê haar dogter het baie beserings tydens die aanval opgedoen.

“Die hond het bolle van haar hare uit haar kop uitgeruk, haar hele kop was vol bloed. Die hond het die spier langs haar oog gebyt nadat hy haar oogbank verskeur het.”

“Haar sig begin darem nou stadig terugkom.”

Potgieter sê sy is nog steeds getraumatiseer na die aanval.

“Ek het nog nooit sulke erge haat in ’n hond se oë gesien nie.”

Ek is ’n groot diereliefhebber en sal nooit ’n dier seermaak nie.”

“’n Ander inwoner in die noorde van Pretoria se lewe het heeltemal verander toe sy verlede jaar deur haar eie hond, ook ’n pitbulterriër, aangeval is.

Christina Loots het haar daaglikse take klaargemaak soos elke dag.

“Soos blits het Daisy, ons foksterriër uit die huis uitgehardloop en vir Trieks, ons pitbulterriër gebyt,” sê Loots.

Trieks het met ’n paar happe aan Daisy terug geantwoord.

“Ek kon dit gelukkig keer, maar Daisy het onverklaarbaar teruggespring en Trieks het haar gegryp.”

Volgens Loots het die pitbulterriër die foksterriër omtrent 1.5m hoog in die lug ingegooi, agterna gespring, vir Daisy gegryp en begin skud.

LEES OOK: Hondjie na 33 ure uit ’n rioolpyp gered

“Ek het alles in my vermoë gedoen om hulle te stop, maar Trieks is baie sterk,” sê Loots.

“Die geluid van ’n lewendige hond wat uitmekaar geskeur word, sal nog vir jare by my spook.”

Toe die pitbulterriër die foksterriër klaar doodgemaak het, het sy na Loots gedraai.

Loots het geval toe sy probeer weghardloop en Trieks het haar aan haar voet gegryp.

“Ek het besef ek is ongewapen en weerloos en het onthou van al die artikels wat ek al gelees het oor wat ’n pitbullterriër aan iemand kan doen.”

Toe, asof uit die bloute, kom Loots se Duitse herdershond en spring haar plat.

Hy het op haar gaan lê en styf met sy pote vasgeklem.

“Ek het nie besef Taffie was so sterk nie en ek het amper versmoor,” sê sy.

“Ek het gedink dit is die einde en hulle gaan my saam aanval en verskeur.”

Loots het besef dat haar Duitse herdershond besig was om haar te beskerm.

LEES OOK: Vrou word gered deur ‘n Duitse herdershond

“Hoe meer Trieks aan my been geruk het, hoe stywer het Taffie aan my geklou.”

“Trieks het vir Taffie aan haar nek gebyt om haar van my af te kry.”

So skielik soos wat die aanval begin het, het dit gestop.

Die pitbulterriër het onder die tafel buite gaan lê.

Omstanders het Loots vir mediese behandeling geneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Bejaarde Pta-man aangeval deur honde