Nog prostitute in die weste ontdek

Eric Cordier by die plakkershut

’n Plakkershut, wat vermoedelik vir prostitusie gebruik word, is Woensdag in die weste van Pretoria ontdek.

Volgens inwoner, Eric Cordier wat ook help om misdaad te bekamp, sê hy het op die plakkershut in Schuttestraat afgekom tydens een van sy patrollies.

Cordier sê ook dat onwettige storting drasties in die omgewing, waar die plakkershut geleë is, vererger het.

“As jy in die straat verby ry, sien jy nie eens die plakkershut nie. Hulle (inwoners van plakkershut) het selfs vir hulle ’n pad gemaak deur die bosse om weg te hardloop as dit nodig is,” sê hy.

“Oral in die plakkershut lê daar kondome en onderklere.”

Cordier sê dat hy so gou as moontlik die plakkershut wil afbreek.

Hy voeg by dat prostitusie ’n groot probleem in die weste is.

LEES MEER> Residents want prostitutes removed

Hulle (prostitute) is veral prominent in ’n spruit in Vom Hagenstraat, sê hy.

“Dit bly ’n moelike situasie vir inwoners, polisie en maatskaplike werkers.”

Kaptein Bonginkosi Msimango sê hoewel prostitusie nog steeds plaasvind, was dit onder beheer.

“Inwoners moet ons inligting gee as hulle op iets afkom of as hulle meer weet,” sê Msimango.

“Elkeen het regte, maar dit is baie belangrik dat hul praktyke nie die regte van diegene rondom hulle belemmer nie.”

Cordier sê: “Die polisie is baie vinnig om op te tree as daar ’n klagte is, maar hulle hou hulself blind as die prostitute terug kom.”

Pretoria-Wes GPF-woordvoerder Thesigan Pillay sê dat die polisie min doen om die prostitusie wat plaasvind te bekamp.

Die hoof van Hoërskool Pretoria-Wes, Rita Coetzee, het Donderdag bevestig dat daar geen prostitusie naby die skool plaasvind nie. “Die vroue wat gewoonlik hier naby gewerk het, word nie meer gesien nie.”

Coetzee het gesê dat hulle [die skool], die Tshwane metro en politiekepartye vergader het in die hoop om die situasie op te los. “Die verskillende partye was baie hulpvaardig met skoonmaakaksies wat gereel is.”

Die raadslid van die area kon nie bereik word vir kommentaar nie.

LEES OOK: Prostitution and crime haunt west

’n Onbekende aantal plakkers is verlede maand in die weste van Pretoria ontdek.

DA-raadslid van wyk 55, Frik van Wyk, sê hulle het verlede maand op die plakkers afgekom in Sarellaan in Suiderberg tydens die opvolg van ’n klagte.

Van Wyk sê die plakkers herwin vullis wat hulle bymekaar maak.

Volgens hom is al die plakkers buitelanders.

“Ek en die munisipale plaaslike uitvoerende hoof, Kgomotso Mohlala het ’n besoek aan die plakkers gaan aflê,” het Van Wyk verlede maand gesê.

DA-raadslid, Elma Nel, was ook saam op die besoek.

Nel het saamgegaan, omdat die klagte by haar ingedien is.

“Niemand het die plakkers raakgesien nie, omdat hulle versteek was tussen bome en lang gras,” sê Van Wyk.

“Alhoewel hierdie mense ’n baie goeie ding doen, moes ons hulle vra om die plek te verlaat.”

Sedert Rekord verlede maand oor die plakkers berig het, het hulle die area verlaat.

Eric Cordier by die plakkershut

Die plakkershut wat vermoedelik vir prostitusie gebruik word. Foto: Kayla van Petegem

Onwettige storting het ook toegeneem. Foto: Kayla van Petegem

Onwettige storting het ook toegeneem. Foto: Kayla van Petegem

Onwettige storting het ook toegeneem. Foto: Kayla van Petegem

Die plakkershut wat vermoedelik vir prostitusie gebruik word. Foto: Kayla van Petegem

Die plakkershut wat vermoedelik vir prostitusie gebruik word. Foto: Kayla van Petegem

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Prostitute terug in die weste

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other