Calrtonbeker liga se status groei

Die Blou Bulle se gesogte Carltonbeker klubkompetisie skop eerskomende naweek af en hoewel daar net ses deelnemers in die top liga gaan wees, behoort die kwaliteit van dié reeks vanjaar weer op ’n baie hoë standaard te wees.

Met die samesmelting van Pretoria Polisie en Harlequins (Quins-Bobbies) bly daar nou ses spanne oor. Saam met dié nuwe klub sal Tukkies, Centurion, Naka Bulle, Dragons en Rustenburg Impala sake om die beker uitspook.

Laasgenoemde was verlede jaar deel van die program, maar kon weens tegniese redes nie die Carltonbeker wen nie. Vanjaar is dié nasionale klubkampioen uit die Noordweste volwaardig deel van die reeks en hulle kan die eerste klub buite die grense van Pretoria word om die Carltonbeker te wen.

Die liga het die afgelope jare verskeie spelers opgelewer wat later Curriebekerrugby vir provinsies soos die Pumas, Valke, Luiperds, Griffons en andere gespeel het. Daarbenewens is die verhaal van ’n spelers soos Jacgues van Rooyen nou reeds welbekend. Dié staatmaker stut van die Lions het sy pad via die Carltonbeker in die trui van Polisie oopgespeel en as sy spel die afgelope naweek op Nuweland as barometer kan dien is hy deesdae selfs ’n Springbok kandidaat.

Vanjaar gebeur daar ’n interessante ding in die Carltonbeker wanneer ’n speler die teenoorgestelde pad as Van Rooyen loop. Die bekende Bees Roux, wat Curriebeker en SuperRugby vir beide die Cheetahs en die Blou Bulle/Bulls gespeel het, maak op 35-jarige leeftyd sy buiging in die Carltonbeker in die trui van Quins-Bobbies.

Die standaard van die toernooi word ook onderstreep deur die kwaliteit van die afrigters wat by die ses spanne betrokke sal wees.

Rustenburg Impala word onder hande geneem deur Nico le Roux as hoofafrigter. Hy was op ’n jong ouderdom die oorspronklike stigter van die Leeus se rugby-akademie. Daarna was hy as tegniese adviseur betrokke by die Chiefs in Nieu Seeland, voordat die bekende John Mitchell hom by die All Blacks betrek het.

Chris Buitendag van Tukkies was die Bulle se mede-afrigter toe hulle in 1998 die Curriebeker gewen het. Hy is tans ook die voorspeler afrigter van die nasionale span van Pole.

By die nuwe Quins-Bobbies sal Nico Luus die leisels neem. Luus is een van die mees belowende afrigters in die land. Hy het SuperRugby vir die Lions en meer as 150 provinsiale wedstryde vir die Leeus en die Valke gespeel, waarna hy sy loopbaan in die Carltonliga as die kaptein van Polisie afgesluit het.

Centurion se Riaan Brandt sal veral onthou word vir dit wat hy verlede jaar vermag het toe hy dié klub se eerste span die eerste keer sedert 1999 weer tot Carltonbeker glorie gelei het.  In 2015 was hy die mede-afrigter van die Blou Bulle se amateurspan wat die nasionale kampioenskapstitel ingepalm het.

Marinus van der Watt van Naka Bulle het as afrigter van die Blou Bulle se sewesspan die provinsiale toernooi ’n aantal kere gewen. Hy het ’n beduidende rol in Naka Bulle se sukses van die afgelope twee seisoene gespeel en reis gereeld Duitsland toe waar hy nasionale span bystaan.

By die Dragons, wat verlede seisoen die verrassing van die toernooi was en al die groot spanne ten minste een keer geklop het, is Johan du Toit die hoof afrigter. Hy is ‘n voormalige mede-afrigter van die Pumas se Curriebeker-span (saam met Jimmy Stonehouse) en het ook by die Valke ’n draai gemaak.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Springbokke seëvier teen Franse Hane op Loftus

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other