Oorlog teen vuil Moot-spruite vorder

Oorgroeide gras is ook 'n probleem by die spruit. Foto: Kayla van Petegem

’n Skoonmaak-aksie is steeds aan die gang om besoedelde spruite in die Moot op te ruim.

DA-raadslid Elmarie Linde sê sy wag nog vir ’n span wat haar sal help tydens die tweede skoonmaaksessie.

Linde en ’n span van 50 mense het op 18 April begin om die spruit vanaf Mansfieldstraat tot by 5e Laan op te ruim.

“Dit het ’n hele dag gekos om daardie stukkie skoon te maak. Daar is nog vreeslik baie werk oor om te doen,” sê sy.

Linde sê dat sy al die spruite in haar wyk wil opruim.

LEES OOK: Oorlog teen gevaarlike spruite

“Ek beoog om die werk voor die winter af te handel omdat die gras stadig groei tydens die winterseisoen.”

Die spruit van die Apiesrivier af strek van Mansfieldstraat tot by Louis Trichardtstraat waar dit dan in twee riviertakke verdeel.

Die twee takke vloei tot in Nico Smithstraat en 31ste Laan.

Linde sê die Tshwane metro se grassny-spanne kan nie bybly met al die versoeke nie.

“Omdat die metro sukkel, het ek die gemeenskap gemobiliseer om my te help sodat ons blok vir blok kan begin skoonmaak,” sê sy.

“Só kan ons as ’n gemeenskap saamstaan en die spruit met sy velde in ’n veilige omgewing omskep. Daar is nie meer veilige parke waar ’n familie kan gaan stap of speel met hulle kinders nie.”

In wyk 54, strek die spruit vanaf 3e Laan tot by Fratesweg.

Linde sê die metro se trekkers nie groot genoeg is om oral uit te kom nie.

Sy is van plan om inwoners en ondernemings ná die skoonmaak-operasie te om elk verantwoordelikheid vir ’n blok te aanvaar.

“Hulle kan daardie blok gebruik soos wat hulle wil. Hulle kan dit in ’n park omskep en selfs ’n advertensie vir sy/haar besigheid oprig,” sê Linde.

Sy het Dinsdag aan Rekord vertel dat sy nog wag vir goedkeuring van die metro vir die inisiatief.

Die inisiatief volg nadat sy amper vier weke gelede ’n toer deur haar wyk saam met die munisipale plaaslike uitvoerende hoof en belangrike rolspelers gehad het.

Tydens die toer het Linde al die probleemgebiede uitgewys.

LEES OOK: Raadslid verklaar oorlog teen Moot-spruite

“Ek het aan Kgomotso Mohlala [munisipale plaaslike uitvoerende hoof] die probleem van die spruit verduidelik. Dis toe dat ons met die plan vorendag gekom het,” sê sy.

In Oktober verlede jaar het Linde en ’n paar vrywilligers ’n gedeelte van die spruit in 11e Laan skoongemaak.

Sy het in ’n vorige berig gesê die onwettige storters mors veral in die spruit wat van die Apiesrivier afloop.

“As dit reën, kom al die vullis af en hoop op een plek op,” het sy gesê.

“Ek het al die spruit toegemaak om dit te voorkom, maar hulle (die onwettige storters) maak dit net weer oop.”

Tshwane-metro het al talle kere inwoners gewaarsku oor onwettige stortingsterreine.

“Individue en ondernemings wat hulself daaraan skuldig maak om afval in woongebiede te stort, kan streng beboet word,” het die metro gesê.

Enigiemand wat graag wil help, kan Linde skakel by 082-327-1561.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Projek in Moot en weste vorder goed

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other