Kilnerpark-spruit besoedel

Inwoners wat in Februarie skoongemaak het. Foto: Verskaf

Inwoners in die Moot is hoogs onsteld oor die besoedeling van die Kilnerpark-spruit nadat hy in Februarie vanjaar deur inwoners opgeruim is.

Die spruit is tussen Anna Wilson- en Magdalena Willersstraat geleë.

“Takke wat ons in Februarie afgesaag het, is nooit deur die metro verwyder nie. Dit kan nog oorgesien word want die hout verrot, maar ons kan nie saam die vullis in die gebied leef nie,” sê inwoner, Ronél Kotzé.

“Na ons harde werk het die kol waar ’n hopie takke gelê het, nou `n vullishoop word.”

Kotzé sê niemand steur hulle aan die probleem nie.

“Die stadsraad het ’n paar weke gelede `n trekker met ’n graskapper gestuur, maar die drywer kon nie die masjienerie te gebruik of hanteer nie,” sê sy.

“Hy het bloot hier op en af gejaag met die trekker sonder om daardie graskapper agteraan een keer op- of af te stel soos wat die terrein dit toelaat.”

LEES OOK: Stink spruit slaan asems weg in die weste

Toe sy hom vra oor die vullies, het hy net sy skouers opgetrek.

“Die gras het toe net so lank gebly – en die vullis teel aan.”

Inwoners het in Februarie ’n poging aangewend om die spruit op te ruim.

“Vir meer as ’n jaar het die plaaslike munisipaliteit nie veel aandag aan hierdie spruit gegee nie,” vertel Kotzé in ‘n vorige berig.

“Buiten die feit dat die gras ontsettend hoog en lank geword het en die wandelpaadjies toegegroei het, het die rivier ook begin toegroei met ongewenste bome en riete.”

Kotzé het gesê inwoners het vele oproepe en skrywes uit verskeie oorde aan die munisipaliteit gemaak om hulp te vra.

“’n Handjievol inwoners het met hul enigste toerusting, of selfs net met hulle hande, ingespring en een hele probleemarea aangedurf,” het sy gesê.

ALSO READ: Inwoners maak spruit skoon

“Die gebied was maar klein teenoor wat nog gedoen moet word om weer ons paadjies oop te kry.”

Kotzé sê sy het pamflette versprei, maar die meeste helpers egter net uit Izaak-, Magdalena Willers- en Anna Wilsonstraat se rigting opgedaag.

“Elke hand is waardeer – daar was selfs vyf seuns waarvan drie in die laerskool is, wat ook kom help kap het,” het Kotzé gesê.

“Ons kon skaars ongeveer ’n agtste van die spruit dek, maar die spanwerk was ongelooflik en wat baie opvallend was, was hoeveel bejaarde mense gehelp het.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Ligte flikker in die weste

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other