Wes-inwoners ruim op

Daar was omtrent agt tot nege bakkievragte vullis weggery. Foto: Verskaf

Booysens-inwoners in die weste van Pretoria het Saterdag hande gevat om die omgewing skoon te maak.

Inwoner Johan Cloete sê inwoners, lede van die GPF se sektor twee en werkers van die Tshwane-metro het by die park op die hoek van Luderitz- en Marketstraat om 08:00 bymekaar gekom.

“Ons het omtrent agt tot nege bakkievragte vol vullis weggery,” sê Cloete.

Cloete sê munisipale werkers sal hierdie week die gras sny.

“Omdat ons nie altyd die toerusting tot ons beskiking het nie, het die metro ingestem om ons te help om die gras te sny,” sê hy.

“Hulle behoort teen die einde van die week klaar te wees.”

LEES OOK:Pretoria West business robber gets 30 years

Cloete was ook baie bly oor die reaksie wat die inisiatief uitgelok het.

“Dit was so wonderlik om te sien hoe almal saam gestaan het om ons area skoon te hou. Almal het ’n bydrae gemaak.”

Cloete bedank almal wat betrokke was, asook die raadslid van die wyk, Frik van Wyk.

“Van Wyk het ons al die pad ondersteun en ook sy hulp beskikbaar gestel as dit nodig was,” sê Cloete.

“Ek wil graag vir elkeen wat betrokke was en gehelp het dankie sê – van oud na jonk.”

Hierdie inisiatief was die breinkind van Cloete.

Hy het die idee in Februarie hierdie jaar gekry.

Die projek se slagspreuk is: “Vat jou buurman en maak skoon”.

“Al begin inwoners net hul tuin voor en by hul sypaadjies opruim, gaan dit al klaar ’n groot verskil maak,” sê Cloete.

“As almal saam staan en help, kan ons weer ons omgewing mooi maak.”

LEES OOK: Onopgeloste moord het Wes familie steeds moedeloos na twee jaar

Cloete sê hulle beoog om die skoonmaak-operasie een keer per maand te hou.

“As ons elke maand net een park of veld takel, sal daar al klaar ’n groot verskil wees,” sê hy.

“As ons as ’n gemeenskap verantwoordelikheid kan neem en nie onwettig stort nie, kan die weste van Pretoria beeldskoon wees.”

DA-raadslid Elma Nel het in ’n vorige berig egter inwoners aangeraai om nie vir só ’n inisiatief te wag voor hulle iets doen nie, maar om self in te spring.

“Dit begin by jouself. As almal verantwoordelikheid neem kan ons met ’n baie mooi gebied sit,” het sy gesê.

Van die inwoners wat betrokke was saam met Frik van Wyk. Foto: Verskaf

Elma Nel en Johan Cloete net voor die skoonmaak-operasie by die Sinovich dam in Daspoort. Foto: Kayla van Petegem

Booysens-inwoners maak skoon. Foto: Verskaf

Booysens-inwoners maak skoon. Foto: Verskaf

Daar was omtrent agt tot nege bakkievragte vullis weggery. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Weste spoorlyn opgeruim

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other