Villieria-polisie loods sigbare operasie

Frans Stone van Tracker het saam met die Villieria-polisie gewerk teen voertuigdiefstal. Foto: Verskaf

Villieria-polisie het Vrydag ’n sigbare operasie in die Moot geloods.

Polisiewoordvoerder Kaptein Coba Brits sê hulle het tydens die operasie inligtingspamflette uitgedeel, verdagte voertuie deursoek en ook observasie toegepas.

Niemand is tydens die operasie in hegtenis geneem nie.

“Die publiek word weereens gewaarsku om asseblief nie waardevolle items in voertuie te los nie,” sê Brits.

“Indien die voertuig met ’n afstandbeheerder sluit, voel fisies of die voertuig wel gesluit is.”

Brits bedank inwoners wat reeds help om misdaad te verminder.

Die polisie verskaf die volgende basiese veiligheidswenke om misdaad te bekamp:

– Maak seker dat jou huis veilig toegesluit kan word.

– Indien jou huis se sleutels wegraak, vervang die slotte en kry nuwe sleutels.

– Sorg vir goeie beligting by jou deure, en maak seker dat jy weet wie buite is voordat jy oopmaak.

– Ken jou bure. Ruil foonnommers uit en hou ’n ogie oor mekaar se huise.

– Indien jy vermoed dat daar iemand op jou erf is, moenie uitgaan en self ondersoek instel nie. Laat jou bure en die polisie weet, en druk die alarmknoppie van jou sekuriteitsmaatskappy.

– Sluit aan by jou plaaslike polisieforum of buurtwag.

LEES OOK: Moot-tiener terug skool toe ná breinoperasie

– Sorg vir genoeg sekuriteit – diefwering, ’n alarmstelsel, veiligheidsdeure en veiligheidsomheining.

– Ken alle noodnommers. Leer jou kinders hoe om hierdie nommers te bel.

– Moenie jou motorhuis- ,voor- of agterdeur oop los nie.

– Moet nooit sleutels in deure los nie, en sorg dat jou deure te alle tye gesluit is.

– Indien daar by jou huis ingebreek is, vervang die slotte.

– Boor ’n gaatjie aan die bokant van die skuifdeur en deurraam en druk ’ sterk spyker of staalpen daardeur. Dit kan verhoed dat inbrekers met iets soos ’n skroewedraaier die deur uitlig.

– Sorg dat jou gordyne saans toegetrek is sodat niemand van buite af tot binne-in jou huis kan sien nie.

– Beligting buite: gebruik dit tot jou voordeel. Ligte wat buite aan is terwyl dit binne jou huis donker is, stel jou in staat om buite dop te hou terwyl iemand van buite nie by jou huis kan insien nie.

– Kry honde, en laat een binne jou huis bly.

– Moenie tuingereedskap of lere buite los nie. Dit is gereedskap wat diewe vir ’n inbraak kan gebruik.

– Voordat jy iemand in diens neem, doen eers ’n agtergrondondersoek.

– Wanneer jy by jou huis stilhou, kyk eers deeglik rond. As jou honde vreemd optree of nie na die hek toe kom nie, moet dan nie ingaan nie.

– Moenie waardevolle artikels naby ’n oop venster of deur laat nie.

– Kry ’n maat met wie jy gereelde kontak kan hê om seker te maak dat julle albei te alle tye veilig is. As een van julle dan skielik nie bereik kan word nie, sal die ander dadelik onraad vermoed.

-Selfverdedigingsklasse is ’n wonderlike idee vir die hele gesin.

LEES OOK: Vrou het R150 000 nodig vir breinoperasie

-Beloon jou werknemers vir bruikbare inligting wat misdaad kan voorkom.

Brits sê die polisiekantoor het Maandagoggend Moedersdag gevier.

“Lede was Maandag met verrassingspakkette deur Mon Ami Trauma Troops getrakteer,” sê Brits.

Brits bedank Mon Ami Trauma Troops vir die goeie werk wat hulle doen en die goeie werksverhouding wat hulle handhaaf.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Villieria-polisie maak weer skoon

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other