Hercules-GPF oor tot aksie

Photo: File.

‘n Skool in die weste van Pretoria speel Saterdag gasheer vir die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Hercules se Sektor-drie voorsitter, Esmé Nell, sê Hoër Tegniese Skool Tuine het ingewillig van sy geriewe Saterdag beskikbaar te stel.

“Die skool gee aan Sektor 3 ’n klaskamer waar ons opleiding vir tonele, brande en mediese gevalle kan doen,” sê Nel.

“Die sentrum is vir die gemeenskap. Ons hou ons opening hierdie Saterdag waar al die rolspelers, polisie, die raadslid, kerke en GPF-lede by mekaar gaan kom om saam te staan teen misdaad.”

LEES OOK: Moot GPF daar vir inwoners

Sy sê dit sal die eerste sentrum in sy soort in die Hercules-gebied wees.

Nell sê die doel van die sentrum is om misdaad te beveg.

Sy verskaf sy die volgende veiligheidswenke aan inwoners:

– Probeer om jou motor in ‘n goed-beligte gebied te parkeer en vermy dit om langs groot voertuie te staan.

Hierdie voertuie kan sig van jou motor blokkeer en dit ‘n makliker teiken vir diewe maak.

– Moenie waardevolle items in die motor agterlaat nie.

LEES OOK: Nuwe kantore vir GPF in weste

– Sluit jou motor wanneer jy parkeer.

– Leer jou bure ken. Dit bevorder nie net ‘n vriendelike omgewing nie, maar verhoog ook jou bewustheid van jou gemeenskap.

– Almal speel ‘n rol om in jou leefgebied se veiligheid te verseker.

– Sluit altyd jou deur wanneer jy vertrek, dit sluit in wanneer jy wasgoed doen.

– As jy by die huis kom, hou jou sleutel in jou hand. Dit kan as ‘n verdedigingswapen gebruik word.

– As jy deur ‘n vreemdeling benader word, leun op jou voertuig se toeter om aandag te trek en die misdadiger weg te ry.

– Hou alle deure gesluit terwyl jy bestuur.

LEES OOK: GPF in die weste beïndruk

– Moenie kosbare items, soos handsakke of selfone, op die passasierplek hou nie.

– Handaaf ‘n gesonde afstand van die motor voor jou sodat jy van laan kan verander as jy vinnig moet wegkom.

– Kyk rond voordat jy jou oprit inry.

– Moenie vreemdelinge oplaai nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hercules GPF streef na veiliger gemeenskap