Hercules GPF streef na veiliger gemeenskap

Beoordelaars van links is: Herman Erasmus, Norma Erasmus en raadslid Elma Nel. Fotos: Jason Milford

’n Splinternuwe nooddiens sentrum is Saterdag deur die Hercules Sektor 3 GPF in die Moot geloods.

Sektore 1, 2, 3 en 4 het op dié dag aan ’n potjiekos kompetisie deelgeneem om met die titel van bo-baas kok weg te stap.

Die fondse wat deur die kompetiesie gegenereer is, sal aangewend word om die sentrum toe te rus met noodsaaklikhede in misdaad-bestryding.

Lees ook: Ongelukke ruk die weste van Pretoria

Sektor 3 GPF-voorsitter Esmé Nell sê die GPF is die oë en ore vir die polisie en die gemeenskap.

Sy sê die GPF sal nou beter in staat wees om hierdie diens te lewer.

Nell sê dat die Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine die GPF se nood vir ’n sentrale afsetgebied raakgesien het.

“Hulle (die skool) het ’n ongebruikte klaskamer aan ons beskikbaar gestel wat nie inbraak sal maak by leerders nie,” sê Nell.

Lees ook: Hercules-GPF oor tot aksie

Nell sê die GPF wil ook mediese opleiding en brandbestrydings kursusse reël vir die gemeenskap.

Sy sê die GPF het ’n groot mylpaal bereik met die loods van die nuwe sentrum en daar was ’n goeie spangees tydens die kompetisie.

“Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het.”

DA-raadslid Elma Nel, ’n beoordelaar by die potjiekos kompetisie, sê dit was ’n voorreg om die opening by te woon.

“Ek salueer GPF-lede en voel hulle is die steunpilare in ons gemeenskap,” sê Nel.

“Hulle spandeer hul kosbare tyd om seker te maak dat ons almal veilig is ten alle tye.”

Beoordelaars van links is: Herman Erasmus, Norma Erasmus en raadslid Elma Nel. Fotos: Jason Milford

Die beoordelaars het ‘n baie moeilike taak gehad. Van links is: Herman Erasmus, Norma Erasmus en raadslid Elma Nel.

Dries Bester het ‘n soet en spessery potjie gemaak met varsgebakte brood.

Rassie Erasmus besig met ‘n skaap- en beesstert potjie met ‘n titseltjie wildsvleis daarby.

What is a crime prevention organisation without depicting a crime scene. Johan Peens (right) and Annamarie Haupt (left) in a real-life scene.

Johan Cloete (sektor 2) is besig met ‘n bees en vark potjie.

Hein Nell van Sektor 2 besig om sy hoender- en mushroom pot aan die gang te kry.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Jason Milford

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Bewusmaking teen spoed in die weste