SOUND CLIP: Wes-vleiland laat inwoners moedeloos

Onwettige storting neem oor by die vleiland. Foto: Kayla van Petegem

’n Vleiland wat aan ’n woonbuurt grens, dryf inwoners van die weste teen die mure uit.

Onwettige storting en plakkers is maar net ’n paar van die kwessies wat inwoners in Quaggastraat op ’n daaglikse basis met hulle hande in hulle hare laat.

Een van die inwoners wat al vir amper 30 jaar in dieselfde huis woon, Brenda Botha, sê hulle vrees daagliks vir hulle lewe.

“Ons kan nie meer langer so leef nie. Iets moet gedoen word. Iemand moet ons hoor,” sê sy.

Botha sê onwettige storters het ongeveer vier jaar gelede die vleiland begin besoedel.

“Nie lank daarna het haweloses vir hulle ’n tuiste gemaak. Prostitusie, laat geraas in die aande en ’n stink reuk het gou gevolg,” sê sy.

LEES OOK: Onwettige storting in Eersterust bly oogseer

Sy sê in die vier jaar sedert die probleem begin kop uitsteek het, het hulle vreeslike goed beleef.

“Hulle het al lyke en fetusse in die vleiland gekry. Party aande hoor ons die geskree van ’n vrou wat dalk verkrag word,” sê sy.

“Ek sidder om te dink wat nog daar gebeur wat ons nie hoor nie.”

’n Ander inwoner, Willien van Rensburg, sê misdadigers het al vele kere probeer om by hulle huis in te breek.

“Ons buurman het al selfs vir hom ’n hoër muur opgerig. My familie wil nie eens meer by my kom kuier nie,” sê sy.

“Ek kan nie eens vir kuiergaste vra om hulle voertuig buite te los nie want dit sal gesteel wees as hulle terugkom.”

Sy sê die omstandighede by die vleiland is nie net sleg vir hulle nie, maar ook vir besigheid.

Van Rensburg sê DA-raadslid Elma Nel het hulle voorheen besoek toe sy die raadslid in die wyk was.

LEES OOK: Onwettige storting bly steeds ’n oorsaak van kommer

“Sy het uit haar pad gegaan en die vleiland mooi laat skoongemaak, maar nie lank daarna was dit maar net weer dieselfde,” sê sy.

“My man werk van die huis af. Hoe moet hy klieënte na ons huis toe bring?” vra sy.

Botha sê hulle kan nie die hool ontsnap nie.

“Ons kry nie ons huis verkoop nie. Omdat die gebied so verswak het, gaan ons nie veel vir ons eiendom kry nie,” sê sy.

“Ons is pensionarisse. Wat moet ons doen?”

’n Misdaad-aktivis in die gebied, Eric Cordier, sê die probleem is nie net in Quaggastraat nie, maar die hele Pretoria Wes.

“Van Es’kia Mphahleleweg tot by Transoranjestraat sien ons elke dag dieselfde probleem,” sê hy.

“Ek kla al vir hoeveel jaar, maar dit bly teen ’n dowe oor.”

LEES OOK: Onwettige storting in Jan Niemandpark nog nie uitgeroei

Hy sê misdadigers gebruik ook die vleiland om weg te kruip.

“Hulle weet mense gaan hulle nie volg nie omdat hulle siektes kan optel.”

Cordier stel voor dat ’n heining opgerig moet word.

Die Tshwane metro kon nie bereik word vir kommentaar nie.

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
EFF no show, ANC walks out of council