‘n Erfenis-ervaring vir Moot-skool

Hooftooisels en krale.

Hoërskool Hendrik Verwoerd het Vrydag 22 September hul erfenis met oorgawe gevier.

Die leerders kon aantrek om hul verskillende kultuurgroepe te verteenwoordig – en het hulle!

Daar was tweekleurige kakie-uitrustings, kleurvolle krale en pragtige hooftooisels.

Kulturele speletjies soos diketo, legusha en kgathi was onder die skadu van die groot boom gespeel.

Dit was ’n kleurvolle viering van diversiteit en trots.

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
‘n Fees soos nog nooit tevore