Vuur eis houthuis in die weste

Die houthuisie voor en na die brand.

’n Man van die weste van Pretoria het alles verloor nadat ’n vuur sy houthuisie met al sy besittings geëis het.

Die eienaar van dié houthuis in Mountain View, Jan Willemse, sê die vuur het Saterdag omstreeks 14:00 uitgebreek.

“Ek het net terug by die huis gekom van die winkel af. Voordat ek na die hoofhuis gegaan het, het ek eers alles uitgepak,” vertel hy.

“Nadat ek ’n rukkie in die hoofhuis was, het ’n vriendin vir my gesê sy ruik iets brand. Sy is toe buite toe om te gaan kyk, maar ek het net gedink dit was iets wat brand by die veld wat aan ons erf grens.”

Willemse sê sy vriendin het terug ingekom en vir hom gesê dit was sy houthuis wat brand.

“Almal het iets gegryp in ’n poging om die vlamme te blus,” sê hy.

LEES OOK: Danville-huis brand af toe kers omval

“Ek het net vir hulle gesê om dit te los. Daar was nie ’n manier wat ons die vuur kon stop nie.”

Hy het vertel dat hy nie presies weet wat die brand veroorsaak het nie, maar hy vermoed dit was ’n kortsluiting by die yskas.

“Die yskas was die enigste elektriese toestel wat aangeskakel was. Ek sit gewoonlik alles af voordat ek die huisie verlaat,” sê hy.

Willemse bly tans in die hoofhuis by sy skoonma in Sarellaan.

LEES OOK: Huisbrand in Suiderberg

Hy sê hy het al sedert die brand baie donasies ontvang, maar hy benodig nog klere, kruideniersware en ’n bed.

“Ek het alles verloor. Die laaste geld wat ek uitgegee het aan kruideniersware is ook deur die vlamme verwoes,” sê hy.

“Dankie aan almal wat my al tot hede gehelp het. Ek weet nie wat ek sonder julle sou doen nie.”

Infographic: Kayla van Petegem

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Opruiming na verwoestende brand in die weste