Pretoria se Internasionale Rugby Instituut brei uit

Die bekende Internasionale Rugby Instituut, wat by die Naka Bulle Rugbyklub in die Moot van Pretoria gesetel is, bied deesdae baie meer as net ’n geleentheid vir spelers om te ontwikkel.

Twee nuwe afdelings wat by dié instituut se kurikulum gevoeg is skep ook nou die geleentheid vir rugby afrigters om gevorderde opleiding te ondergaan, terwyl die Kees Lensing Voorry Akademie ook by die instituut se dienste gevoeg is.

Die sukses van die bekende Marinus van der Wath se gevorderde program by die Internasionale Rugby Instituut is nou reeds wêreldwys bekend en dié begaafde rugbykenner se kennis word selfs deur internasionale spanne getap.

Die kurikulum van Van der Wath se Internasionale Rugby Instituut bied aan spelers baie meer as dit wat by enige ander rugby akademie beskikbaar is. Daarvan getuig die sukses van Naka Bulle se junior spanne, asook die Limpopo Blou Bulle se o.20’s, waar studente van die instituut se kennis prakties aangewend word.

Die Internasionale Rugby Instituut fouks nie net op rugby in die praktyk nie, maar spelers se ontwikkeling ten opsigte van belangrike aspekte soos werksetiek, dissipline en siekundige gehardheid word ook aangespreek. Die fasiliteite by die klub is intussen sodanig uitgebrei dat studente hoogs professionele opleiding kan ontvang, terwyl eersteklas verblyf en voedingsprogramme ook deel is van die kursus.

Van der Wath het die instituut se programme nou uitgebrei om vanaf 2018 ook afrigters op te lei. Afrigters wat hierdie program suksesvol voltooi sal volgens Van der Wath toegerus wees om ’n verskil te maak in dié kompeterende bedryf.

“Wat my betref moet ’n hoof afrigter in elke aspek van die spel kan spesialiseer en dít is soms ’n leemte in die praktyk. ’n Kandidaat wat hierdie volledige kursus voltooi, sal as ’n 15-man én 7’s spesialis hier uitstap. Hy sal goed genoeg toegerus word om by ’n skool of klub die rol van ’n rugby-direkteur te kan vervul,” het Van der Wath opgewonde aan Rekord vertel.

Volgens Van der Wath is die praktiese opleiding wat studente by die Instituut ontvang deel van hul sukses, want daardeur kan die voornemende spesialis homself toets.

“Studente raak onmiddelik betrokke by die ontleding van wedstryde by die klub. Soos hy vorder raak die opleiding meer gespesialiseerd en as hy die kursus voltooi het, behoort hy toegerus te wees vir die uitdagings van rugby afrigting en -bestuur,” het Van der Wath verduidelik.

Die toevoeging van die Kees Lensing Voorry Akademie tot die programme van die Insituut maak Van der Wath ook opgewonde. Volgens hom bestaan daar nie nog so ’n program in Suid-Afrika nie. Hy beskou Lensing, ’n gewese stut van die Bulls, Sharks en Namibië se nasionale span as ’n meester op sy gebied. Hy word deesdae ook deur die Canon Eagles in Japan gebruik om voorrymanne by te staan.

Van der Wath het aan Rekord vertel dat Suid-Afrikaanse voorrymanne reeds op ’n jong ouderdom gesog is in professionele strukture reg oor die wêreld. Hy glo hierdie progrm sal voorrymanne voorberei om gereed te wees as hulle die geleentheid kry om hul talente in die wêreld se top ligas te beoefen.

Vir meer inligting, besoek die Instituut se webblad by www.internationalrugbyinstitute.com of skakel Xander van Wyk by 083-253-2088 of Marinus van der Wath by 079-880-8604.

Abu Dharr Interview

Listen to what our German International rugby player, has to say about his stay in the institute. Abu Dharr has been with us for nearly 3 months.

Posted by International Rugby Institute on Friday, 8 September 2017

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Local football players compete for a chance to shine on the international stage