Hoërskool Oos-Moot orkes maak uitstekende vordering

Danie Smith

Mnr Danie Smith van Hoërskool Oos-Moot het aan die begin van 2017 ’n konsertorkes by die skool gestig.

Hy is bygestaan deur Alexander de Kock, ’n briljante tweedejaar BMus-student.

Die hoofleiers van die orkes is: Willie Jansen en Christiaan Franken met Danie de Beer en Kateko de Bruin as orkesleiers.

Die orkes bestaan uit ’n groep van 27 lede wat die volgende instrumente bespeel: dwarsfluit, viool, alt-saksofoon, tenoor-saksofoon, trompet, eufonium, tuba, klavier, klawerbord, elektriese kitaar en tromme.

Elke lid van die orkes neem les om hul instrumente tot die beste van hul vermoë te bespeel.

In die kort tydperk sedert die stigting van die orkes is daar uitstekende vordering gemaak.

Alexander de Kock

Na ’n oefenweek gedurende die vakansie kon hul reeds twee liedjies voor ’n gehoor speel.

Die orkes het in Augustus by Laerskool Voorpos se Diamantfees opgetree en het ’n uitnodiging van Hoërskool Oosterland ontvang om in by hul taptoe op te tree.

Die ligte musiekorkes het hul oudisie om aan die Suid-Afrikaanse Konsert- en Marsorkesvereniging (SAMOV) se Suid-Afrikaanse kompetisie deel te neem, geslaag.

Dié kompetisie het op 30 September te Cornwall Hill College, Centurion plaasgevind.

Die orkes het in sy kort bestaan reeds vier uiters geslaagde optredes agter die rug: by Laerskool Voorpos se 60e verjaarsdagfees, ’n tehuis vir gestremdes,’n militêre taptoe in Springs en tydens die Oos-Moot Raad se inhuldigingsplegtigheid.

Die orkes het ook ’n uitnodiging ontvang om op 14 Oktober by Hoërskool Oosterland in Secunda se glansryke taptoe op te tree.

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Oos-Moot raad aangekondig