Moot-spruit bewaring ’n probleem

Adri Laas from the Agricultural research council with a resident cleaning the valley. Photo: Kayla van Petegem

’n Merkwaardige spruit met ’n rits unieke kenmerke in die Moot het in ‘n enorme kopseer ontaard.

Sowel die metro as die inwoners is raadop met die spruit wat ’n natuurbewaringsgebied is.

Die Hartbeesspruit loop onderdeur ses bruê in Kilnerpark en vloei vanaf die Uitspandam in Hatfield tot by Bon Accord dam in die noorde.

Dele daarvan word nou gebruik as ’n wegkruipplek vir misdadigers, terwyl sluipslapers hulself ook in ’n toenemende mate daar tuismaak.

Rommel en onwettige stortings is nog ‘n probleem.

Voordat die nuwe metro-administrasie verlede jaar aan bewind gekom het, is weinig onderhoud by die Hartbeesspruit gedoen, sê DA-raadslid Roelof Fourie.

LEES OOK: Oorlog teen vuil Moot-spruite vorder

“Omdat die spruit ’n natuurbewaring-gebied is, moet dit voortdurend in stand gehou word,” sê Fourie.

“Dit help ook nie om net een gedeelte van die spruit op te ruim nie. Alles moet op een slag gedoen word.”

Fourie sê die skoonmaak-proses word bemoeilik deur die feit dat die spruit deur verskeie wyke loop.

In die Moot loop die spruit deur Kilnerpark en Jan Niemandpark.

Die vleiland wat Kilnerpark en Colbyn grens, beskik ook oor ’n 7 000-jarige veenland.

Veen is ‘n spesiale soort vleiland wat bestaan uit turf – ‘n grondsoort wat uit halfvergane plantstowwe ontstaan het (Engels: peat bog).

Die gebied wat bekend staan as Colbyn Valley was oorspronklik deel van die plaas, Koedoespoort.

Die plaas is aan Lourens Cornelius Bronkhorst in 1859 toegeken, wie se erfgenaam die plaas in 1885 verkoop het.

Die gedeelte van die plaas op wat die vleiland geleë is, is later aan die Universiteit van Pretoria vir landbounavorsing toegeken, en uiteindelik aan die metro as ‘n ‘natuurgebied’ geskenk.

LEES OOK: OPVOLG: Stink spruit steeds ‘n kopseer in die weste

Die ondermyning van die vleiland dateer terug tot die bou van dreineringslote en besproeiingsloopgrawe vir die gebruik daarvan vir landbou.

“Veenlande is relatief skaars in Suid-Afrika – slegs sowat 10% van ons vleilande beskik oor ’n veenland,” sê Tamsyn Sherwill van Friends of Colbyn Valley in ’n navorsingsartikel.

“En as dit eers ontdek word, word dit gewoonlik gemyn.”

Die Universiteit van Pretoria en ander organisasies het al vele restourasieprojekte by die spruit aangepak.

’n Gedeelte van die spruit wat steeds ’n bron van kommer is, is die veld in Jan Niemandpark.

LEES OOK: Nog neuse krul op weens stink spruit in die weste

Hierdie beboste veld was en is steeds ’n bron van kommer vir inwoners.

Rekord het in die verlede al telkemale oor die veld berig.

Die veld het nie net onooglik weens onwettige stortings geword nie, maar word ook deur misdadigers as ’n wegkruipplek gebruik.

Inwoners in die omtrek kla nie net oor die slegte reuke afkomstig van die veld nie, maar ook oor misdaad in die gebied.

Party inwoners het selfs voorgestel dat die spruit afgebaken moet word en die veld gesnoei moet word.

Die Tshwane-metro kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Honde eis Moot-bejaarde se lewe