Laerskool Villieria lewer drie Tshwane Blue Sox sagtebalspelers

Celine Viljoen, Micyla Botha en Juané Gouws is tot die Tshwane Blue Sox Sagtebalspan verkies.

Laerskool Villieria lewer drie Tshwane Blue Sox sagtebalspelers (Gauteng-Noord) op – ’n puik prestasie vir die skool.

Drie van hul sagtebalspelers, Celine Viljoen, Micyla Botha en Juané Gouws is tot die Tshwane Blue Sox Sagtebalspan verkies wat vanaf 6 tot 9 Desember in Durban hul provinsie gaan verteenwoordig.

Baie geluk meisies. Jul is tops!

  AUTHOR
Rekord news

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Laerskool Voorpos is ligawenners