Wes-raadslid verklaar oorlog teen onwettige storting

Frik van Wyk by die onwettige storting. Foto: Verskaf

’n Raadslid van die weste het onlangs sy kommer oor onwettige stortings in sy wyk uitgespreek.

Wyk-raadslid van wyk 55 Frik van Wyk sê die storting van boumateriaal is veral ’n probleem in Lady Selborne en Danville.

Hy sê die oop veld op die hoek van Sarellaan en Mahemstraat het ’n teiken vir onwettige storting geword.

Hy vertel dat Danville baie bouery het waar die sypaadjies versper word.

“Ek wil ’n beroep op alle inwoners doen om nie bourommel tydens ’n bouery in die straat te los nie,” sê Van Wyk.

Hy sê dieselfde geld ook boumateriale.

“Daar is etlike inwoners wat hulle skuldig maak aan dié oortreding en dit is volgens die raad se regulasies onwettig om dit te doen,” sê hy.

LEES OOK: Onwettige storting in Eersterust bly oogseer

Hy sê dit kos die raad ook terselfdertyd miljoene om gedurig skoon te maak.

“Op die einde betaal onskuldige inwoners daarvoor,” sê hy.

Van Wyk vra dat inwoners dadelik onwettige storting moet aanmeld wanneer hulle dit sien.

“Probeer om altyd foto’s van die oortreders te neem, maar doen só op ’n veilige afstand sodat jou eie lewe nie in gevaar is nie,” sê hy.

“Die registrasienommer van die voertuig is ook baie belangrik.”

Van Wyk sê duisende rande se boetes is die afgelope maande aan oortreders uitgereik.

Hy sê nog ’n onwettige stortingsmetode het ook sy kop in Lady Selbourne uitgesteek.

“’n Nuwe tendens het in die gebied begin waar inwoners huishoudelike afval by hul huise se vensters uitgooi,” sê hy.

“Sommer net só in die vullisverwyderingsakke en los dit net so.”

LEES OOK: Onwettige storting bly steeds ’n oorsaak van kommer

Van Wyk sê hierdie praktyk veroorsaak allerhande probleme.

“Honde en ander diere krap hierdie sakke oop en dit maak net een groot gemors,” sê hy.

“Ons wil tog almal in ’n skoon gebied bly. As almal net hulle eie erf tot by die sypaadjie skoonhou sal dit al klaar ’n groot verskil maak.”

Hy moedig inwoners aan om saam te staan om ’n verskil te maak.

“As almal saamwerk na een doelwit toe, sal ons baie vinniger daar uitkom. Vat hande en help mekaar,” sê hy.

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Watermeterdiewe nog steeds in die Moot