Weste stortingsterrein amper skoon

Elma Nel saam met ’n munisipale werker. Foto: Verskaf

Opruimingswerk het begin by ’n gehawende stortingsterrein in die weste van Pretoria.

Vir inwoners is dit ’n groot verligting omdat hierdie kol in Mountain View die afgelope weke ’n gruwelike seeroog ontaard het.

Inwoners het gekla dat die terrein nie net vuil is nie, maar ook ’n aaklige stank afgee.

DA-raadslid Elma Nel sê munisipale werkers het hierdie week begin om die stortingsterrein op te ruim.

“Hierdie sterrein mag slegs gebruik word vir tuinvullis, maar inwoners het allerhande rommel hier begin weggooi,” sê sy.

“Dit is wat die slegte reuk veroorsaak het.”

Nel sê die stortingsterrein het ook oorvol begin raak.

LEES OOK: Vordering teen onwettige stortings

Sy sê die skoonmaak van die terrein moes al lankal begin het, maar vragmotors om vullus te verwyder en die werkers daarby betrokke het verlede week nie gewerk nie.

Sy sê hulle het nie veilig gevoel nie.

Elma Nel by die Mountain View stortingsterrein. Foto: Verskaf

“Betogers het voorkom dat vragmotors en werkers hulle werk doen. Die betogers het gedreig om hulle aan te val,” sê sy.

“Die metro het ’n verslag ontvang dat die betogers versprei is in die stad en enige werknemer aanval wat werk.”

Nel sê geen vragmotors is uitgestuur vir werk nie ter wille van die veiligheid van metro-werknemers.

“Die span het ’n ooreenkoms met die werkers gehad dat geen munisipale voertuig sonder beskerming moes uitgaan nie,” sê sy.

Nel bedank die werkers wat help om die stortingsterrein op te ruim.

“Ek is baie bly en dankbaar dat ons uiteindelik hierdie stortingsterrein kan opruim,” sê sy.

LEES OOK: Van tuin tot onwettige stortingsterrein

Sy vra dat inwoners die reëls volg wanneer hulle by ’n terrein gaan stort.

“Mountain View se stortingsterrein só ’n groot probleem geraak omdat mense allerhande gemores daar gaan weggooi het.”

Nel het ’m beroep op inwoners gedoen om saam te werk.

“Inwoners moet begin verantwoordlikheid neem. As ons saamwerk kan ons sulke probleme in die toekoms voorkom,” sê sy.

“Dit kos die metro onnodige uitgawes om sulke probleme te op te los.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
KLANKGREEP: Moot vrouesanggroep kans om dood te loop na 18 jaar

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: