Moot GPF bekommerd oor munisipale kwessies

Oorgroeide bome in die Moot. Foto: Verskaf

Die Pretoria Moot gemeenskapspolisiëringforum (GPF) het onlangs hul kommer uitgespreek oor oorgroeide bome en gras in die area.

Voorsitter, Elsabe van Staden sê hierdie bome en gras bied skuilplek vir misdadigers.

“Inbrake word soms deur sluipslapers gepleeg en GPF-lede het dus gedurende die vakansie in die vroeë oggendure ’n roetine-patrollie uitgevoer, waartydens gesteelde goedere teruggevind is.

“Ongelukkig kon die oortreders nie aangekeer word nie, aangesien hulle in die lang gras verdwyn het,” sê sy.

“Dit is uiters gevaarlik vir die patrolleerders om in die spruitareas te patrolleer as gevolg van die lang gras.”

GPF lede maak asblikke skoon. Foto: Verskaf

Sy sê hulle het twee maande gelede self ’n grondverskuiwingsapparaat gehuur en die spruit in 16de Laan skoongemaak.

Van Staden sê 120 kubieke meter se vuilis is verwyder.

LEES OOK: Moot GPF waardeer vroue

“Ongelukkig het die tyd ons ingehaal en ons moes noodgedwonge ’n hoop takke agterlaat,” sê sy.

“Die stadsraad het ons belowe hulle sal dit verwyder, maar dit is nog steeds nie gedoen nie.”

Van Staden sê haar patrolleerders moet strate patrolleer met flitse, aangesien daar nie op die oomblik meer veel straatligte is wat werk nie.

“Dit is in die donker areas waar ons die meerderheid diefstal van kabels en hekmotors ervaar,” vertel sy.

GPF maak die spruit skoon. Foto: Verslaf

“Die GPF-lede doen nou straatligpatrollies. Dit behels om lyste saam te stel van ligte wat nie werk nie … is dit regtig ons werk?”

Sy sê die bome word nie in stand gehou nie, wat veroorsaak dat die area kroniese kragonderbrekings ondervind wanneer die takke teen die kabels raak.

LEES OOK: GPF-lid en Moot-inwoners ‘gearresteer’

Van Staden het ook haar kommer oor vullisverwydering uitgespreek. Sy sê vullisverwydering is doodeenvoudig oorgeslaan tydens die feestyd.

“Weereens het GPF-lede ingespring en die asblikke verwyder. Die asblikke wat vir weke in die strate rondstaan, is ’n teelaarde vir grouers wat hoofsaaklik uit die spruite kom,” sê sy.

“Dit verhoog ons risiko vir misdaad. Ons GPF is ernstig oor die bekamping van misdaad en sal aanhou om te doen wat ons kan, maar dan het ons almal nodig om saam te staan.”

Die Tshwane metro kon nie vir kommentaar bereik word teen druktyd nie.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
LISTEN: Defaulting on e-tolls could cost drivers their licenses

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: