Nog probleme met weste spoorlyn

Elma Nel by die verwaarloosde spoorlyn. Foto: Kayla van Petegem

’n Spoorlyn in die weste van Pretoria wat nie meer deur Transnet gebruik word nie, bied allerlei kopsere vir plaaslike inwoners.

Die nuutste probleem is dat die verwaarloosde spoorlyn as ’n kortpad deur motoriste gebruik word en dit het al byna in lewensgevaarlike padongelukke ontaard.

Inwoner Charmaine Rademeyer, wat al vir meer as 10 jaar in die omgewing bly, sê hierdie probleem het al verlede jaar begin.

“Ek het gedink daar gaan een of ander tyd ’n botsing plaasvind, maar nooit gedink dat my man en dogter in daardie ongeluk betrokke sou wees nie,” sê Rademeyer.

“Hulle was oppad huistoe in Van der Hoffweg op ’n motorfiets toe ’n voertuig vanuit die spoorlyn teen hulle vasgery het.”

Rademeyer sê haar familie het gelukkig ongedeerd uit die botsing gekom.

LEES OOK: Weste spoorlyn opgeruim

“Ek voel al moedeloos. Hierdie treinspoor is ’n gevaar vir mense,” sê sy.

“Ek het talle mense al genader vir hulp, maar nog geen oplossings is voorgestel nie.”

Sy sê die Tshwane metro het al selfs verlede jaar klippe op die spoorlyn kom strooi in ’n poging om die probleem op te los.

Hulle het ook ysterpale daar geplant.

“Iemand het wraggies die klippe en pale deur die nag platgeslaan,” sê sy.

Rademeyer sê onwettige storting, dwelms en sluipslapers is ook terug by die spoorlyn.

Dit is ten spyte van die feit dat Transnet en inwoners die lyn in Augustus verlede jaar opgeruim het.

Hierdie spoorlyn, wat oor ’n groot gedeelte van die weste strek, was vir baie lank ’n groot probleem.

Die spoorlyn loop deur wyk 1 en 55.

DA-raadslid Elma Nel sê die lyn is ’n groot kopseer in haar wyk.

LEES OOK: Planne met weste spoorlyn bereik oplossing

“Ek het al in verskeie munisipale vergaderings die toestand van die spoorlyn aangespreek,” sê Nel.

“Die stadsbestuurder en streek uitvoerende direkteur is bewus van die spoorlyn en plaas druk op Transnet.”

Nel sê die spoorlyn word deur Transnet besit en dus het die metro nie beheer oor wat met die spoorlyn gebeur nie.

“Dit is juis waarom ons Transnet se se samewerking nodig het met die herstel van die spoorlyn,” sê sy.

Nel sê die treinspoor is ’n groot bron van kommer.

“Allerlei onheilighede broei daar uit en dit is baie sleg vir ons gemeenskap – veral omdat daar ’n skool naby is.”

Nel veg al sedert die begin van verlede jaar vir die skoonmaak van die spoorlyn.

Sy het toekomstige planne vir die spoorlyn in gedagte gehad.

“Omdat die spoorlyn ’n groot probleem in my wyk is met dwelms en onwettige storting, het ons bespreek om moontlik die spoorlyn met bourommel te vul en die gebied te omhein en te omskep in ’n park,” het sy in ’n vorige berig gesê.

LEES OOK: Nuwe planne met Pta-Wes spoorlyn

“My langtermynplan was om dit ’n vriendelike plek te maak. Ek sal daarvan hou om braaigeriewe, ’n speelterrein vir kinders en fietsry- en drafroetes in te rig.”

Maar dié planne was deur Transnet afgekeur.

Transnet kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Dieremishandeling in die weste

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: