Misdaadsyfers stabiel in die weste

Kolonel Johan de Villiers.

Hondevergiftiging en die steel van hekmotors is besig om toe te neem in die weste van Pretoria. Daar was ook onlangs by drie studente se voertuie ingebreek.

Andersins, het misdaadsyfers stabiel gebly hierdie feesgety.

LEES OOK: New Tshwane metro police chief appointed

“Hier en daar was daar ’n verbetering in statestieke, maar daar was ook ’n paar slegte kolle,” vertel Hercules stasiebevelvoerder, Kolonel Johan de Villiers.

“Sektor twee en drie bly egter ’n groot kopseer vir ons.”

De Villiers sê dit is hoofsaklik as gevolg van die groot aantal informele nedersettings in daardie sektore.

Hy sê algemene aanranding en inbrake by huise het ook in hulle polisiëring gebied toegeneem.

“Hierdie misdade was veral algemeen in sektor een, twee, drie en vier,” sê hy.

De Villiers sê sektor drie en vier het die hoogste statistieke gewys met inbrake.

Hy sê hulle het hoofsaklik gefokus op gebiede wat misdaadsones is.

LEES OOK: “Drink responsibly,” police warn as they gear up to fight crime on New Year ’s Eve.

Hierdie gebiede sluit in Claremont, Hermanstad, Gamorrah informele nedersetting en Pretoria Tuine.

GPF-voorsitter van Proklamasieheuwel se subsektor, Lorraine Steyn sê die GPF was sterk genoeg om misdaad te bekamp die afgelope feestyd.

Sy sê hulle het ’n paar klein voorvalle gehad, maar dit was gou deur die span aangepak.

Steyn het ook die gemeenskapslid, wat net bekend is as Klaas, bedank.

Sy sê Klaas het oor die tyd die GPF begin bystaan met misdaad.

“As hy gesien het dat iemand met ’n vreemde voorwerp loop, stop hy hulle en vra waar hulle vandaan kom en waar hulle die voorwerpe gekry het,” vertel Steyn.

“Dit maak nie saak wat dit is nie. As hy dink dit was gesteel, vat hy dit van hulle af.”

Steyn sê as sy gesteelde goedere ontvang sal sy dit op verskeie gemeenskapsgroepe plaas in ’n poging om dit terug by hulle eienaars te kry.

“Ons as ‘n gemeenskap is deur baie en ons is nog nie ’n misdaadvrye gemeenskap nie, maar ons sal daar uitkom,” sê sy.

Steyn sê hulle het ’n paar voorvalle gehad wat kinders betrek hierdie feestydperk.

Sy waarsku ouers om paraat te wees en uit te kyk vir misdadigers.

“Aan ons gemeenskap wil ek net sê ek wil graag elkeen van julle wat bymekaar staan, bedank,” sê sy.

“Ek glo voorentoe sal ons net suksesse behaal.”

LEES OOK: Police trying to reunite toddler with parents

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
MATRIC EXAM: Music theory paper hits the right notes

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends: