Stink reuk in die weste maak inwoners mal

Plaaslike inwoner Pieter Theron by die gemors. Foto: Kayla van Petegem

’n Stink reuk wat deur onwettige storting en riool veroorsaak word, dryf inwoners in die weste van Pretoria teen die mure uit.

Claremont-inwoner Pieter Theron sê hierdie reuk word veroorsaak deur inwoners van die Gomorrah en Malusi informele nedersettings.

“Hulle gooi doodeenvoudig net hulle rommel reg langs my eiendom neer en stort hul rioolwater daar,” sê hy.

Theron se erf grens die informele nedersetting.

Hy sê hy het die slegte reuk in die eerste week in Desember begin ruik.

“Ek het eers gedink dit is die nuwe tydelike toilette wat onlangs opgerig is,” sê hy.

“Toe betrap ek een van die inwoners toe hy hul rommel daar weggooi.”

Theron sê die nes is ’n gesondheidsrisiko.

LEES OOK: Matriekklas van Die Hoërskool Wonderboom presteer

“Partykeer is die reuk ondraaglik, veral op warm dae wanneer die son die gemors bak,” sê hy.

Hy sê in die agt jaar wat hy in die huis woon, was daar nog nooit voorheen sulke probleme nie.

“Ek het hier begin bly voor die plakkerskampe opgerig is en ek het nog nooit voorheen met hulle ’n probleem gehad nie,” sê hy.

Theron sê hy het die raadslid oor die probleem ingelig.

“Hy het vir my gevra om vir hom foto’s te neem en te stuur. Hy het gesê hy gaan die nodige amptenare op die toneel kry,” sê hy.

DA-raadslid, Frik van Wyk sê die probleem steek sy kop uit by alle plakkerskampe in Pretoria.

“Ongelukkig gebeur dit so dat die inwoners hul rioolwater op ’n sentrale plek uitgooi,” sê hy.

“Dit is ook nie noodwendig net rioolwater nie – hulle gooi ook hulle bad- en waswater daar uit.”

Van Wyk sê dit is veral ’n groot probleem en gesondheidsrisiko omdat die informele nedersetting só naby aan ’n residensiële gebied is.

Hy sê hy het met alle betrokke amptenare gepraat om die probleem op te los.

LEES OOK: Hoërskool Hendrik Verwoerd matrieks se toppresteerders

“Ons wil probeer kyk of ons op een of ander manier ’n dreinstelsel vir die inwoners kan inrig,” sê hy.

Van Wyk verduidelik dat die beoogde dreinstelsel sal bestaan uit ’n staalhouer met veilige drein-tipe openinge wat onder die grond geplaas sal word. Inwoners kan hul water in die staalhouer gooi. Hierdie water sal dan na ’n tenk toe loop vanwaar dit weggepomp sal word.

Hy sê dit is ongelukkig nie ’n probleem wat oornag opgelos gaan word nie.

“Ek sal in elk geval ’n versoek aan die inwoners rig om hul water op ’n ander plek weg te gooi,” sê hy.

“Ons sal ’n goeie plek moet soek waar hulle intussen hul water kan weggooi sodat dit nie ander inwoners pla nie.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Weste se reservoirs moet beter bewaak word

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends: