Hoërskool Oos-Moot matrieks presteer

Chané Agenbach

Die 2017 matriekklas van Hoërskool Oos-Moot spog met ’n totaal van 268 A-simbole.

Twee leerders het elk nege onderskeidings behaal en sewe leerders het elk sewe onderskeidings behaal.

Ses onderskeidings elk is deur vyf leerders behaal en vyf onderskeidings elk is deur vyf leerders behaal.

Daar was ses leerders wat elk vier onderskeidings behaal het en 12 leerders wat elk drie onderskeidings behaal het.

Vyf-en-twintig leerders het elk twee onderskeidings behaal en 37 leerders het elk een onderskeiding behaal.

Jacqueline Janse van Rensburg is aangewys as die topleerder in Gauteng asook die toppresteerder in fisiese wetenskappe in Gauteng, met ’n gemiddeld van 97.6 persent.

Sy het 100 persent in fisiese wetenskap behaal.

LEES OOK: Matrieks by Hoërskool Hercules kry goeie punte

Jacqueline het onderskeidings behaal in Afrikaans huistaal, Engels eerste additionele taal, wiskunde, alpha wiskunde, rekeningkunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskap, inligtingstegnologie (IT) en lewensoriëntering.

Sy is as die skool se graad-12 Dux-leerder aangewys en ’n wisseltrofee vir die beste leerder in al haar skoolvakke ontvang.

Jacqueline was van graad 8 tot 11 die toppresteerder in haar jaargroep.

Sy was ook die skool se akademiese hoofdogter.

In 2015 was sy die provinsiale wenner van die Gauteng-tak van die ATKV Spelathon.

In dieselfde jaar is sy gekies om deel van die Universiteit van Pretoria se UP with Science-groep te wees, waar ’n uitverkose handjie vol hoërskoolleerders aan volwaardige wetenskap blootgestel word.

Met behulp van hierdie groep het sy en haar spanmaat van Lyttelton Manor in 2016 die mikrobiologie-afdeling by die Noord-Gauteng Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes gewen.

Hulle het deurgedring na die nasionale finaal, die Eskom ISF (International Science Fair), waar hulle weereens die wenners van die Mikrobiologie-afdeling was.

LEES OOK: Hoërskool Hendrik Verwoerd matrieks se toppresteerders

Jacqueline en haar spanmaat van Lyttleton Manor het as finaliste aan Intel ISEF 2017 (International Science and Engineering Fair – die grootste wetenskapkompetisie ter wêreld, op skoolvlak) in Los Angeles deelgeneem.

Sy het in 2017 ook aan die TUT Ingenieurskompetisie deelgeneem, waar sy en twee van haar mede-matrikulante die bouwetenskap-kategorie gewen het.

Jacqueline was vir vier jaar deel van die skool se debatspan en het twee jaar as sekretaresse en ondervoorsitter van die skool se ATKV-jeugtak gedien.

Verder het sy die prys vir die beste letterkundige werk in beide Engels en Afrikaans in haar skool gewen.

Tweede in die skool se top-drie is Chané Agenbach, met ’n gemiddeld van 88.3 persent.

Chané het onderskeidings behaal in Afrikaans huistaal, Engels eerste additionele taal, wiskunde, alpha wiskunde, rekeningkunde, ingenieursgrafika en -ontwerp, geografie, fisiese wetenskap en lewensoriëntering.

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Hoër Tegniese Skool John Vorster presteer

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends: