Moot-inwoners help met berugte pedofiel erf

Anne-Marie Wapenaar (12)

Nóg pogings is aangewend oor die naweek om die erf van die berugte pedofiel-moordenaar Gert van Rooyen in die Moot op te ruim.

Inwoners van Capital Park het Saterdag saamgespan om die mure van dié eiendom op te kikker deur dit te verf, volgens Capital Park Inwoners en Belastingbetalers Vereniging (CAPPRA) voorsitter, Mike Burt.

Hy sê hulle het groot ondersteuning van ander inwoners gekry.

“Mense wat verby geloop het, het groot ondersteuning teenoor ons projek gewys,” sê hy.

LEES OOK: Wes-aanval ruk inwoners van die weste

“Hulle het selfs vir ons koeldrank aangedra.”

Burt sê hulle beplan om verder ses rose op die muur te verf ter nagedagte aan die ses meisies wat vermis geraak het.

Hy sê die Tshwane metro is ook aanboord om hulle te help om die eiendom op te ruim.

“Ons het twee weke gelede reeds begin om die eiendom op te ruim, maar daar was ’n paar goed wat ons nie op ons eie kon doen nie,” sê hy.

“Die metro gaan ons help om die goed te verwyder waarvoor ons nie die nodige masjinerie gehad het nie.”

Burt sê na Van Rooyen se dood is die eiendom in ’n vervalle toestand agtergelaat.

Dit het sluipslapers en misdadigers die geleentheid gebied om die erf as ’n deurpad in die woongebied te gebruik.

“Misdadigers spring oor die heining, wat baie inbrake en diefstal tot gevolg het,” het Burt gesê.

Van Rooyen en sy houvrou, Joey Haarhoff, was in die 1980’s verantwoordelik gehou vir die ontvoering, seksuele aanranding en moord op verskeie vermiste meisies regoor die land.

LEES OOK: Gert van Rooyen’s son arrested for fraud

Die twee is ontmasker nadat ’n 16-jarige meisie uit dié pedofiel se huis in Malherbestraat 227, ontsnap het.

Die huis het vinnig bekend geraak as die “Huis van Gruwels” en was die toneel van verskeie forensiese en ander polisie-ondersoeke.

Van Rooyen het Haarhoff tydens ’n polisiejag geskiet voordat hy die geweer op homself gedraai het.

Die polisie het die huis plat gestroop in die hoop om van die vermiste meisies te kry, maar geen liggame is ooit gevind nie.

Burt het gesê die gemeenskap sal voortgaan om die eiendom te onderhou totdat dit beset is.

LEES OOK: Police search for Gert van Rooyen’s son

Die verhaal van ontvoerde Fiona Harvey, Joan Horn, Anne-marie Wapenaar, Odette Boucher, Yolanda Wessels en Tracey-Lee Scott-Crossley sal moontlik vir ewig ’n raaisel bly, maar kort-kort duik daar nuwe bewyse en bewerings op.

Al wat oor is, is ’n leë erf vol raaisels.

Anne-Marie Wapenaar (12)

Hoe die eiendom van Gert van Rooyen gelyk het voor die skoonmaak begin het. Foto: Kayla van Petegem

Hoe die eiendom van Gert van Rooyen gelyk het voor die skoonmaak begin het. Foto: Kayla van Petegem

Tracy-Lee Scott-Crossley (14)

Inwoners verf die muur van die Gert van Rooyen eiendom. Foto: Verskaf

Kobus Britz, Divan Britz, Werner Jones, Wian Jones en Henri Grove het gehelp om die muur te verf. Foto: Verskaf

Hoe die eiendom van Gert van Rooyen gelyk het voor die skoonmaak begin het. Foto: Kayla van Petegem

Hoe die eiendom van Gert van Rooyen gelyk het voor die skoonmaak begin het. Foto: Kayla van Petegem

Joan Horn (12)

Odette Boucher (11)

Yolanda Wessels (13)

Fiona Harvey (12)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Moot-inwoner beste Afrika-model in Thailand

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends: