LUISTER: Nog tonne Moot water oppad Kaap toe

Laerskool Mayville het Saterdag water by Hoërskool CR Swart gaan aflaai. Foto: Verskaf

’n Laerskool van die Moot doen ook sy deel om water vir die Kaap in te samel.

Laerskool Mayville het Saterdag meer as 10 000-liter water by Hoërskool CR Swart afgelaai, volgens die skool se bemarkingsbeampte Yana van Reenen.

LEES OOK: Water Wednesday: What are Cape Town’s Day Zero plans?

“Wonderboompoort en Capital Park se sektorpolisie het ons gehelp met die vervoer en Magenta het ’n trok gratis geleen vir die vervoer na die hoërskool,” sê sy.

Van Reenen vertel dat inwoners gou ingespring het om te help toe hulle van die waterprojek te hore gekom het.

“Mense van oral het water by ons kom aflewer. Dit was ’n belewenis om almal só te sien saamstaan.”

Van Reenen sê die waterprojek het reeds 30 Januarie afgeskop.

Die skool het verlede Woensdag aangekondig dat dit die waterprojek se teiken bereik het.

“Ons kon nie meer water invorder nie omdat net ’n sekere hoeveelheid vervoer kon word,” sê Van Reenen.

“Baie dankie vir almal se bydrae. Ons waardeer dit opreg.”

Voorsitter van die Capital Park GPF subsektor Mark Gray sê dit was wonderlik gewees om te sien hoe die gemeenskap betrokke geraak het.

“Die water is reeds oppad na die Kaap en ons is baie trots om te sê dat ons ’n aandeel in so ’n wonderlike projek gehad het,” sê Gray.

Kaapstad beleef op die oomblik een van die ergste en langdurigste droogtes in sy bestaan.

Huidige beramings is dat die stad se krane teen die middel van April gaan opdroog.

Opgaardamme waaruit die stad gewoonlik sy drinkwater kry, is óf droog óf na aan leeg.

LEES OOK: Mooters help met water na Kaap

Sommige restaurante in die stad het heeltemal opgehou om water te bedien.

Ander gebruik kitskos-eetgerei sodat minder water vir opwasdoeleindes nodig is.

Verskeie inwoners en organisasies regoor Gauteng het reeds water vir Kaapstad ingesamel.

’n Ander inwoner, Anri Allerston van die Moot maak ook planne om water vir die Kaap te stuur.

“Die organisasie, Boere in Nood, skenk en stuur gereeld vir boere regoor Suid-Afrika voer,” verduidelik sy.

“Ek het besluit om die projek ’n stappie verder te neem en ook water saam met die voer vir die boere af stuur.”

Sy sê water moet verkieslik nie in 20-liter bottels geskenk word nie, maar eerder 5 en 10-liter bottels.

“In sulke droogte maak elke druppel ’n verskil en ons wil ’n verskil in ons boere se lewens bring,” sê sy.

Laerskool Mayville het Saterdag water by Hoërskool CR Swart gaan aflaai. Wonderboompoort en Capital Park se GPF sub-sektor het ook gehelp. Foto: Verskaf

Sy sê aflaaipunte vir water is in die Moot, by Swemmerstraat 713 en in Montana, by Errasstraat 109.

Vir meer inligting oor die projek kan Allerston geskakel word by 072-502-4623.

Allerston sê Boere in Nood se Facebook-blad kan ook besoek word vir meer inligting.

LEES OOK: 7 easy ways to recycle water around your house

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
OPVOLG: Moordverdagte op Moot mangat moord weer vir mediese behandeling

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: