VIDEO: Kuns in Eersterust laat studente floreer

Een van die studente, Vivian Allae. Foto: Kayla van Petegem

Vir die afgelope 11 jaar bied Floyd Marlow gratis kunsklasse aan vir inwoners van Eersterust.

“By hierdie klasse leer ek my studente van die begin af teken. Jy kort nie enige ervaring om deel van hierdie klasse te wees nie,” sê hy.

“Mense soek ’n doel in die lewe en ek dink hierdie klasse kan daardie doel wees, nie net vir my nie, maar ook vir die inwoners.”

Marlow het reeds op ’n vroeë ouderdom besef dat hy ’n passie vir kuns het.

LEES OOK: Kuns – die nuwe verslawing in Eersterust

Op ’n 19-jarige ouderdom het Marlow aan ’n kunskompetisie by Sammy Marks Square deelgeneem.

“Ek het die kompetisie gewen en was toe deur die Staatsteater raakgesien,” sê hy.

“Onder hul leiding het ek baie goed geraak en baie vaardighede aangeleer.”

Maar Marlow het nie daar gestop nie – hy het groter drome gehad.

“Een van my grootste drome was om onder die leiding van ’n groot kunstenaar, Robert Bateman te werk in Kanada,” sê hy.

“Na talle e-posse en boodskappe het hy my uiteindelik aanvaar as student en ek het vir ’n jaar oorsee gaan leer.”

Toe Marlow terugkom in Pretoria het hy gevoel dat hy ’n doel het met sy kuns.

“Ek wou iets vir die gemeenskap teruggee, veral in Eersterust,” sê hy.

“Hier in Suid-Afrika het ons kleurlinge nie ’n kulturele identiteit nie. Ek wil daardie identiteit verskaf deur kuns.”

Oor die jare het talle studente – oud en jonk – oor Marlow se drumpel getrap.

“Die studente leer baie hier, maar hulle verstaan nie hoe baie ek by hulle leer nie,” sê hy.

Rekord het ook met ’n paar van Marlow se studente gesels.

Hulle woon die klasse by om verskeie redes.

LEES OOK: Mes-kunstenaar mik vir gilde

Sommiges wil tatoeëerkunstenaars word, waar ander net iets soek om te doen terwyl hulle visvang.

Een van die studente, Vivian Allae sê die klas het vir hom ’n doel in die lewe gegee.

“Ek wou altyd ’n argitek word, maar het gou besef dat ek nie myself deur hierdie beroep kon uitdruk nie,” sê hy.

“Hierdie klasse het my soveel hoop gegee. Daar is nou soveel wat ek wil doen en ek kan nie wag om daarmee te begin nie.”

Marlow se kunsklasse word elke weeksdag by die Eersterust Civic Sentrum gehou.

Vir meer inligting, besoek die sentrum.

Video:

’n Ander student, Ray Mabeier. Foto: Kayla van Petegem

Floyd Marlow

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
City continues fight against cable theft

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: