Villieria polisie regeer met ysterhand

Konstabel Siyanda Ntuli en Konstabel Fanafana Mahlangu by daggaplante waarop hulle beslag gelê het. Foto: Verskaf

Verskeie slae teen misdaad is die afgelope tyd in Villieria geslaan.

Die polisie het verskeie daggaplante vernietig en etlike bewusmakingsaksies aangepak.

Villieria polisie se woordvoerder, Kaptein Coba Brits, sê samewerking was die geheim.

LEES OOK: Polisie op uitkyk vir rooi voertuig in weste van Pretoria

“Ons bedank die gemeenskap vir al die inligting wat die afgelope tyd ontvang is oor onwettige bedrywighede in die gebied.”

Sy sê die samewerking tussen die polisie, publiek en ander instansies is van kardinale belang om die geveg teen misdaad te bekamp.

“Om dagga te besit of daarin handel te dryf, word steeds as ’n ernstige oortreding beskou,” sê sy.

Alle sake word voor die hof gebring vir ’n beslissing.”

Brits sê op 6 Februarie het Konstabel Siyanda Ntuli en Konstabel Fanafana Mahlangu reageer op inligting oor die kweek van dagga by ’n woonperseel in Kilnerpark.

Daar is op 16 bome beslag gelê.

Brits sê vroeër die maand is ses sakke vol daggabome en ander toebehore in Villieria gekry.

“Heel daggaplante is ook in leë erwe en munisipale gebiede gekry en is bestem vir vernietiging.”

Sy sê dagga word geklassifiseer as ’n depressant.

“Depressante help jou om te ontspan en rustig te wees,” sê sy.

“Ongelukkig kan jy nie die graad van die rustigheid beheer nie.”

Brits sê die langtermyngebruik van depressante veroorsaak traagheid en maak dit vir jou moeilik om’n funksionele lid van die samelewing te wees.

“Skoolkinders en studente wat hierdie dwelms gebruik, vind dit moeilik om te studeer of om projekte af te handel. Verhoudings ly onvermydelik daaronder,” sê sy.

LEES OOK: OPVOLG: Eersterust polisie ondersoek nog lyk-saak

“Maak nie saak hoe aanloklik dit dalk lyk nie – om dwelms te gebruik om weg te kom van die alledaagse probleme sal nie jou probleme laat verdwyn of jou lewe beter maak nie.”

Die Villieria polisie, Mimmos in Waverley en Vergenoeg-aftreeoord het ook bewusmaking geskep oor mishandeling by die Hanna Huis in Jan Niemandpark.

Pizzas en sop is onder die vrouens uitgedeel.

Brits moedig vrouens aan om saam te staan teen gesinsgeweld en geweld in die algemeen.

“Elkeen van die dames het ‘n vetplant geplant om dit te koester en te versorg soos hulle wil omgee,” sê sy.

Sy sê die vroue het ook hul deel gedoen om Nasionale Gebedsdag vir vroue te bevorder.

“Dit is wonderlik om te sien dat hierdie dames regtig ‘n verskil in hul lewe wil maak, en hulle moedig ander dames aan om by hul gemeenskap betrokke te raak.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Moot crime swoop leads to 55 arrests

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: