Die spoedige optrede van ’n privaatsekuriteitsfirma het op Woensdagaand ’n diefstal by ’n selfoonseintoring in die Moot gefnuik.
Die eienaar van MCS Sekuriteit, Fanie Booysen sê dié seintoring in die berg word gereeld besteel vir toerusting.
“Juis om hierdie rede het ons die toring laat omhein,” sê hy.
“As enige verdagte probeer in kom, gaan daar ’n alarm af wat ons dan direk in kennis stel.”
Booysen sê Woensdagaand was weer so ’n geval gewees, waar verdagtes toegang tot die toring probeer kry het deur die heining te knip.
LEES OOK: Hierdie diefstalle neem toe in die Moot
“Die alarm het dadelik by ons afgegaan en ons het mense uitgestuur om ondersoek in te stel,” sê hy.
“Toe die verdagtes ons mense hoor, het hulle gevlug.”
Nabygeleë inwoners beweer dat hulle geweerskote gehoor het, maar Booysen sê daar was volgens sy kennis geen skote afgevuur nie.
Die polisie kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe: