Onwettige storting ruk hand uit in die weste

Onwettige storting in Schuttestraat raak erger. Foto: Verskaf

Onwettige storting in Schuttestraat is besig om drasties hand uit te ruk, sê inwoners.

’n Jaar gelede het onwettige storting begin kop uitsteek by hierdie straat.

Vandag is die storting van so ’n erge graad dat motoriste skaars in die straat kan ry.

Inwoner en misdaad-aktivis Eric Cordier sê die onwettige storting is buite beheer, en nie net in Schuttestraat nie, maar ook in die hele Pretoria-Wes.

LEES OOK: Storting vererger daagliks in Moot se oop veld

“Ek kan nie glo dinge is al só erg in ons gebied nie,” sê hy.

“Hoe erg gaan dit nóg raak voordat iets gedoen word? Ons kan nie so aanhou lewe nie.”

Hy sê sluipslapers gebruik ook die gebied as ’n openbare badkamer.

“Die reuk is ondraaglik,” sê hy.

“Hierdie is die grootste toilet wat ek al ooit in Suid-Afrika gesien het.”

Cordier sê die groot munisipale staalvullisdromme word al selfs toegemaak sodat rommel nie daarin gegooi kan word nie.

Inwoner Sonja Theron sê dit is ’n skande dat die strate van Pretoria so lyk.

Sy sê die gebied ruik nie net sleg nie, maar is ook ’n groot gesondheidsrisiko.

“Daar broei definitief kieme tussen al die rommel,” sê sy.

“Mense gaan siek raak.”

Theron sê sy voel skaam om in ’n stad te woon waar dit só lyk.

’n Jaar gelede is daar ’n plakkershut, wat vermoedelik vir prostitusie gebruik was, onder die bome in dieselfde straat ontdek.

Cordier het die plakkershut ontdek tydens een van sy patrollies.

LEES OOK: Weste stortingsterrein amper skoon

“As jy in die straat gery het, kon jy nie eens die plakkershut sien nie,” het Cordier gesê.

“Hulle (inwoners van die plakkershut) het selfs vir hulle ’n pad gemaak deur die bosse om weg te hardloop as dit nodig was.”

Die plakkershut is in Mei verlede jaar afgebreek.

Kort nadat die plakkershut afgebreek is, het munisipale werkers die onwettige storting wat daar was met ’n stootskraper skoongemaak.

Ten spyte van pogings om die onwettige storting op te ruim, gaan dit steeds voort.

Cordier sê nog ’n probleem in die straat is sluipslapers wat vure maak om verskeie goed te verbrand.

“Hulle brand op ’n daaglikse grondslag. Ons kan nie meer so aangaan in Pretoria-Wes nie,” sê Cordier.

Hy vra die metro vir hulp.

Die raadslid van die gebied kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

Onwettige storting in Schuttestraat raak erger. Foto: Verskaf

Onwettige storting in Schuttestraat raak erger. Foto: Verskaf

Onwettige storting in Schuttestraat raak erger. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
‘Dustbin highway’ in the west just gets worse

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: