AfriSake bied suksesvolle inligtingsessies oor grondonteiening aan in Pretoria

Charles Castle van AfriSake tydens die inligtingsessie. Foto: Verskaf

’n Handleiding oor hoe om ’n eiendom onaanloklik te maak vir onteiening sonder vergoeding deur die staat, is maar een van verskeie aksies deur AfriSake tot hede in hierdie verband.

Dié handleiding bevat ook ’n kort uiteensetting van die verskil tussen grondgrype en -eise.

Die organisasie het ook, in samewerking met AfriForum, ’n reeks inligtingsessies oor onteiening sonder vergoeding van stapel gestuur vroeër hierdie maand.

Regs-en-beleidsanalis Armand Greyling sê die publiek se behoefte aan akkurate inligting oor die huidige proses om onteiening sonder vergoeding te wettig – soos op 27 Februarie deur die parlement goedgekeur – het AfriSake genoop om inligtingsessies hieroor in al nege provinsies aan te bied.

LEES OOK: NUUSFLITS: Gratis regshulp vir eerste slagoffer van grondonteiening

Hy sê die eerste drie suksesvolle sessies is reeds in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng gehou.

“Die inligtingsessies fokus hoofsaaklik op die verskillende vorme van onteiening wat die wysiging van artikel 25 van die Grondwet tot gevolg kan hê, asook op grondgrype en die implementering van ander wetgewing wat onteiening sonder vergoeding wettig sal maak,” sê Greyling.

Hy sê dié inligting is noodsaaklik om elke burger van Suid-Afrika in staat te stel om ingeligte besluite in hierdie verband te maak.

AfriSake staan reeds alle vorme van grondonteiening teen en sal voortaan aktief deelneem aan enige openbare prosesse oor die wysiging van die Grondwet soos voorgestel deur die grondwetlike hersieningskommissie,” sê hy.

Greyling sê AfriSake versoek die publiek om ook aktief aan hierdie prosesse deel te neem sodat elkeen se stem gehoor kan word.

LEES OOK: Krisisplan vir grondonteiening in die Moot

AfriSake het ook:

– Enige AfriSake-lid uitgenooi om hulle te nader vir ’n toetssaak oor onteiening sonder vergoeding.

– ’n Nasionale inligtingsveldtog van stapel gestuur wat op 11 Mei 2018 tot ’n einde kom.

– Aan die openbare deelnameproses deelgeneem.

– Internasionale skakeling bewerkstellig.

– Met belanghebbende partye uit die burgerlike samelewing en politieke organisasies gekoördineer.

– Op regsaksie voorberei indien artikel 25 van die Grondwet gewysig word.

– Ander vryemarkorganisasies ondersteun om titelaktes aan begunstigdes te verskaf om eiendomsekerheid te bewerkstellig.

– Meer as 1 700 hektaar eiendom teen onwettige betreding en grondgrype te beskerm.

– Kommentaar op menig wetsontwerp ingedien wat teen die eiendomsbesit en -reg indruis.

– Twee groot grondeise, onderskeidelik in Pretoria-Noord en Gauteng-Suid, teengestaan.

– Interdikte bekom teen Black First Land First (BLF), EFF, Andile Mgxitma en Julius Malema om hulle te verbied om mense aan te hits om grond te gryp.

“Na afloop van die inligtingsveldtog sal AfriSake ongeveer 1 000 mense persoonlik toegespreek het,” sê Greyling.

AfriSake en AfriForum hoop dat hierdie inligtingsessies mense met die nodige kennis en feite sal bemagtig sodat hulle tot die debat oor onteiening kan toetree.”

Besoek www.afrisake.co.za vir meer inligting.

Die grondwetlike hersieningskommissie se nasionale veldtog word in Mei 2018 van stapel gestuur.

LEES OOK: Grondwerklike Erkenning van Khoisan

Piet le Roux van AfriSake tydens die inligtingsessie. Foto: Verskaf

Ian Cameron van AfriForum tydens die inligtingssessie. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Residents step up in the west

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: