OPVOLG: Verhoor op Moot oud-polisieman gaan voort

’n Foto van Danie Dreyer tydens sy gedenkdiens. Foto: Argief

Die verhoor op die moord van oud-polisieman, Danie Dreyer het Donderdag in die landroshof voortgegaan.

Moordbeskuldige Estelle Reddy het met haar getuienis volgehou dat sy by haar vriende se verlowingspartytjie in Ladium was toe Dreyer vermoor was.

Reddy, Gerhardus Papenfus, Kevin Johnson en Ruvan Regionald Furst word aangekla vir moord op Dreyer.

Die vier word ook aangekla vir roof met verswarende omstandighede nadat Reddy ’n week na Dreyer se dood ’n bekentenis by die polisie gaan aflê het.

Volgens haar bekentenis, het die drie mans vir Dreyer probeer beroof en hy het ’n hartaanval gekry waarby Papenfus hom noodbehandeling probeer gee het.

LEES OOK: Oud-polisieman se moord steeds ondersoek

Die vier word ook aangekla vir brandstigting en die besit van ’n onwettige vuurwapen.

Reddy het Donderdag gesê dat sy ook wou weet presies hoe haar voormalige kêrel vermoor was.

“Regtig? Wil jy regtig weet hoe hy dood is? Kyk na wat jy gedoen het,” het regter Advokaat Cornelia Harmzen ’n lêer met foto’s van Dreyer se lyk na haar uitgehou.

Reddy het ook gesê haar wêreld het in duie gestort twee weke voor Dreyer se dood, toe hy glo vir haar gesê het sy moet uit sy huis uit trek as sy aanhou om vir Papenfus te sien.

Dreyer se lyk is op 4 April 2016 by Flowerstraat in ’n mangat gekry.

Reddy het speurders na ’n adres in Flowersstraat gelei waar Dreyer se lyk in ’n mangat gegooi is.

Papenfus, Johnson en Furst het glo sy lyk daarheen gebring.

Nadat Dreyer gesterf het is sy lyk eers vir drie dae in die basis van ’n bed versteek. Suur is ook toe glo oor die lyk gegooi in ’n beweerde poging om van bewyse ontslae te raak.

Reddy het Donderdag getuig toe sy van haar man wou skei, het sy weer by Dreyer ingetrek.

Sy het Papenfus in Februarie 2016 ontmoet.

Tydens ’n kruisondervraging met Reddy, het Harmzen gesê daar was ’n plan om Dreyer te beroof volgens Reddy se bekentenis.

Sy het ook vir Reddy gevra of sy vir Dreyer gewaarsku het terwyl sy in Ladium was, waarop Reddy se antwoord nee was.

Daar was ook uitgevra oor Reddy en Dreyer se verhouding.

“Dit was aanvanklik goed gewees, maar hy het later gesê ek is nie meer welkom in sy huis nie,” het sy getuig.

Harmzen het ook uitgevra oor ’n vroeë getuienis van Reddy waar sy gesê het sy sou “geregtig wees” op die helfte van Dreyer se boedel.

Sy het geantwoord: “Ek het gehoor dat as jy vir ’n sekere tydperk saam met iemand bly soos ’n getroude paar, kan jy helfte kry, asof julle getroud was.”

LEES OOK: OPVOLG: Skokkende inligting oor Moot oud-polisieman se moord

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
UPDATE: Detective bids Villieria goodbye on positive note

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: