update


OPVOLG: Moot-leerder herstel goed na ongeluk

Idané Coetzee. Foto: Verskaf

’n Leerder van Hoërskool Oos-Moot is besig om goed te herstel nadat sy in ’n ernstige motorongeluk verlede maand was.

Graad 9-leerder Idané Coetzee is in April vanjaar ernstig beseer tydens ’n ongeluk terwyl hulle op vakansie was.

Haar ma, Ilse het Maandag gesê Idané is tans in ’n rolstoel en maak af en toe gebruik van krukke.

“Sy herstel baie goed en ons is positief dat sy ten volle sal herstel,” sê sy.

Ilse sê Idané is nog nie terug by die die skool nie.

Sy bedank inwoners vir hulle ondersteuning sedert die ongeluk gebeur het.

“Dit was ongelooflik om die ondersteuning van die gemeenskap te ervaar – mense het van oral gevra waar en hoe hulle kan help,” sê sy.

Rekord het verlede maand berig dat Idané verlede Maandagoggend per helikopter na die Life Eugene Marais-hospitaal vervoer is vanaf ’n hospitaal in George.

LEES OOK: Oos-Moot leerder terug in Pretoria

By die Eugene Marais-hospitaal het ’n spesialis haar gebreekte bekkenbeen geheg.

Idané was twee weke gelede in ’n voertuig saam met haar vriende in Beaufort-Wes toe ’n band gebars het.

“Die voertuig het gerol en sy het uitgeval,” het Ilse gesê.

Idané se ouers het op motorfietse saam met die voertuig ’n konvooi gery.

Idané het veelvoudige beserings opgedoen en is opgeneem in ’n hospitaal in George.

Adjunkhoof van Hoërskool Oos-Moot Linda Goosen het Idané en haar gesin alle sterkte toegewens.

Idané is een van die skool se toptien-leerders.

Haar ma beskryf haar as ’n engelkind.

“Sy is ’n baie toegewyde meisie,” sê sy.

“Ons hou net aan bid en hoop vir ’n vinnige herstel.”

LEES OOK: OPVOLG: Moot-leerder tuis na lelike ongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
UPDATE: Police still waiting for reports on Moot ‘hit-and-run’

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: